Meer oor die boek

Bestel nou

Gebeure en terugvoering

Meer oor die boek

“Stellenbosch is by uitstek geskik om ’n universiteitsdorp te wees – hier sal die moeë brein nuwe inspirasie vind, hier kan die trae intuïsie sy odes en sonnette skep.” – Die Stellenbosse Student – Maart 1937

Die Universiteit Stellenbosch herdenk vanjaar sy eeufees met ’n ryklik geïllustreerde publikasie, Universiteit Stellenbosch 100: 1918-2018.

Op 2 April 1918 is Victoria Kollege se status verhoog na dié van die onafhanklike Universiteit van Stellenbosch (US). Oor die volgende eeu sou die US sy hoëronderwysrol binne die uitdagende politieke, sosio-ekonomiese, kulturele en opvoedkundige werklikhede van die 20ste eeu vertolk. In die eerste deel van die boek, Perspektiewe op 100 Jaar, deel sewe skrywers hierdie geskiedenis vanaf die Universiteit se ontstaan deur verskeie uitdagings heen, insluitend politiek en finansieel, tot wat dit beteken om ’n Matie te wees, op akademiese gebied én in die sport- en studentelewe.

In die tweede deel bied die skrywers ’n blik op die akademiese aktiwiteite oor ’n eeu heen, soos gesien deur die oë van sy 10 fakulteite. Op hierdie bladsye, geskryf deur verskeie lede van die Universiteit se akademiese gemeenskap, kan u die pad volg van ’n Universiteit wat gegroei het van ’n handjievol mense wat hulle aan die voet van die Stellenbosse berge kom vestig het tot ’n lewendige en kosmopolitaanse gemeenskap van meer as 30 000 studente en 3 000 personeellede, versprei oor die vyf kampusse van hierdie wêreldklas akademiese instelling.

“’n Universiteit is nie ’n lesingteater, of ’n biblioteek, of ’n laboratorium nie; dit is glad nie ’n gebou of ’n plek nie; die kern daarvan is ’n ingesteldheid; die ware karakter van ’n universiteit is die ‘wil tot kennis’.” – SJ Shand: The making of a University

Kliek hieronder om deur enkele bladsye van die boek te blaai.

Bestel nou

Kies jou uitgawe

Standaarduitgawe:

Hardeband met foelie gedebosseleer.
In Afrikaans en Engels beskikbaar.
Gewone prys: R750 per boek.
Spesiale aanbod aan US alumni: R600 per boek.
Slegs R500 per boek vir bestellings van 5 of meer boeke (posgeld uitgesluit).

Versamelaarsuitgawe:

In leer gebind met verhewe band en die titel in silwer foelie.
Slegs 100 elk in Afrikaans en Engels beskikbaar.
Onderteken deur die US-rektor met die naam van die ontvanger gekalligrafeer in die boek.
Prys: R2 500 per boek (posgeld uitgesluit).

Boekspesifikasies

Papier:

Deel 1: Teks gedruk op 120 gsm Cartridge

Deel 2: Teks gedruk op 130 gsm Matt Art

Formaat:

270 mm diep x 205 mm wyd

Grootte:

536 vokleurbladsye plus agterste blaaie

Bestelinligting

  • Die standaarduitgawe is beskikbaar via die Eeufeeskantoor of by die Universiteit Stellenbosch-winkels in Dorpstraat of in die Neelsie.
  • Die versamelaarsuitgawe is slegs beskikbaar via die Eeufeeskantoor.
  • Indien die boek gepos of gekoerier moet word, word die koste by die prys van die boek gevoeg.
  • Betalingsmetode by die Eeufeeskantoor: kontant of elektroniese betaling.
  • Vir meer inligting of om die boek te bestel, stuur asseblief ’n e-pos aan Carin Erasmus by ccerasmus@sun.ac.za.
  • Verpakkingsgrootte(s) L x W x H

– 1 x Boek = 30 x 20 x 10cm @ 2.5kg (Raming)
– 2 x Boeke = 35 x 30 x 15cm @ 5kg (Raming)
– 4 x Boeke = 70 x 60 x 30cm @ 10kg (Raming)
– 6 x Boeke = 45 x 30 x 21cm @ 15kg (Raming)
– 8 x Boeke = 45 x 30 x 21cm @ 20kg (Raming)

Bankinligting vir SA betalings:

Banknaam: Standard Bank
Rekeningnaam: US-depositorekening
Huidige rekeningnommer: 073006955
Takkode: 050610
Datum wat rekening geopen is: 1999-11-19
Verwysing: R9805 – VAN VOORLETTER
Bewys van betaling: Stuur elektronies aanccerasmus@sun.ac.za

Bankinligting vir internasionale betalings:

Banknaam: First National Bank
Taknaam: Stellenbosch
Universele takkode: 250-655
Rekeningnommer: 62107177083
Rekeningtipe: Tjekrekening
SWIFT kode: FIRNZAJJ
Verwysing: R9805 – VAN VOORLETTER
Bewys van betaling: Stuur elektronies aan ccerasmus@sun.ac.za

Gebeure en terugvoering

Donderdag 1 Maart 2018 was die amptelike bekendstelling van die Universiteit Stellenbosch (US) se Eeufeespublikasie, Universiteit Stellenbosch 100: 1918-2018, en die amptelike opening van die Eeufeesuitstalling by die Universiteitsargief op die Stellenbosch-kampus.

Baie foto’s van bekendes

Ek het al deurgeblaai en baie foto’s van bekendes gesien – met wie ek op universiteit te doen gehad het of selfs voor dit.
My oupa (ook ‘n oud-Matie) was, nadat hy sy BA graad in 1928 behaal het, was hy nog te jonk om sy teologiese studies voort te sit. In daardie jare het hy dan ook die Universiteit verlaat en sy studies elders voortgesit.
Dit wil lyk of hy toe vir ‘n Honneurs in Sielkunde ingeskryf het, maar het nie die graad behaal nie.”

Fanie Buys

5.0
2018-11-16T10:11:53+02:00

Fanie Buys

Ek het al deurgeblaai en baie foto’s van bekendes gesien – met wie ek op universiteit te doen gehad het of selfs voor dit. My oupa (ook ‘n oud-Matie) was, nadat hy sy BA graad in 1928 behaal het, was hy nog te jonk om sy teologiese studies voort te sit. In daardie jare het hy dan ook die Universiteit verlaat en sy studies elders voortgesit. Dit wil lyk of hy toe vir ‘n Honneurs in Sielkunde ingeskryf het, maar het nie die graad behaal nie.”

Fantastiese verjaardaggeskenk

"My ma was so uit die veld geslaan deur haar fantastiese verjaarsdaggeskenk (die boek). Sy het dit begin lees, en dit het haar gedagtes teruggeneem na die tyd toe haar kêrel Teologie aan US gestudeer het, want dit is waar sy begin lees het. Ons weet dit want my seun is nou 'n derdejaar-Teologiestudent by Tuks, en sy deel aanhalings uit die boek met hom!
Ek is so bly ek kon my ma so 'n uiters gepaste geskenk vir haar 82ste verjaardag gee!"

Petrea Kapp

5.0
2018-11-16T10:13:20+02:00

Petrea Kapp

"My ma was so uit die veld geslaan deur haar fantastiese verjaarsdaggeskenk (die boek). Sy het dit begin lees, en dit het haar gedagtes teruggeneem na die tyd toe haar kêrel Teologie aan US gestudeer het, want dit is waar sy begin lees het. Ons weet dit want my seun is nou 'n derdejaar-Teologiestudent by Tuks, en sy deel aanhalings uit die boek met hom! Ek is so bly ek kon my ma so 'n uiters gepaste geskenk vir haar 82ste verjaardag gee!"

Skrywers en redakteurs behoort gelukgewens te word

Ek lees nog lekker aan die boek en is nog nie klaar nie. Die boek is absoluut uitstekend en die skrywers en redakteurs behoort gelukgewens te word.”

André Baard

5.0
2018-11-16T10:13:55+02:00

André Baard

Ek lees nog lekker aan die boek en is nog nie klaar nie. Die boek is absoluut uitstekend en die skrywers en redakteurs behoort gelukgewens te word.”

Beïndruk met die kwaliteit

Ek het al stukke in die eeufeesboek gelees en was beïndruk met die kwaliteit van wat ek gesien het.

Dr Christine Steenkamp

5.0
2018-11-16T10:10:05+02:00

Dr Christine Steenkamp

Ek het al stukke in die eeufeesboek gelees en was beïndruk met die kwaliteit van wat ek gesien het.
5
4