Matiestemme

Adéle Smith

Alumna van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe


“Dit het my byna 20 jaar gevat om te besef dat dit oukei en nodig is om te herontdek, om my passies, gawes en talent te voed en te ontwikkel, sonder die skuldgevoel, twyfel en angs.

“Ek dink nie studente, of selfs meer ervare professionele persone en volwassenes, besef aldag nie dat die goue draad wat deur enige loopbaan loop ‘n passie is vir wat jy doen. Vir my is dit fundamenteel dat jy passievol moet wees oor dít wat jy doen; jy moet wakker word en so opgewonde wees dat jy nie kan wag om dít wat die dag mag oplewer, aan te pak nie.”

Dit is die beginsel waarop sakevrou en Matie-alumna Adéle Smith ʼn loopbaan gebou het van meer as 20 jaar in diverse bedrywe.

Adéle het in 1997 ʼn BA-graad met Sielkunde en Duits as hoofvakke aan die US behaal. Sy het ook verskeie korporatiewe programme voltooi deur die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB) en Duke University Corporate Education.

Na sy haar graad by die US gekry het, het sy by ‘n wynproe-sentrum by Neethlingshof Wynlandgoed net buite Stellenbosch gewerk. “Pas afgestudeer, of miskien omdat ek op Stellenbosch gebore is, was wyn toe my passie (en is dit steeds, bygesê). Dat ek vlot Duits gepraat het, het waarskynlik gehelp dat ek daardie eerste pos gekry het. Wat kan beter wees as om puik wyne wat toekennings wen elke dag te proe en daarvoor betaal te word!?”

In 1999 het sy aangesluit by Lufthansa Lugdiens as ʼn oproepsentrum-besprekingsagent en het haar Duits-vaardigheid benut om die wêreld vol te reis. Binne ʼn oogwink was sy die hoof van Operasies in Kaapstad – een van sewe besprekingsentrums wat oproepe neem van oor die wêreld. Daarna was sy betrokke by die loodsing van drie nuwe Lufthansa-besprekingsentrums in Berlyn, Istanbul en Toronto.

Dit was geen verrassing nie dat haar natuurlike aanleg om met enigiemand te gesels vyf jaar later gesorg het dat sy ʼn Operasionele Direkteur by The Dialogue Group geword het waar sy meervoudige oproepsentrumspanne in Durban, Johannesburg en Kaapstad bestuur het. Die groep het meer as 2 000 werknemers gehad en die groeiende kontaksentrum- en besigheid-uitkontrakteringsbedryf van daardie tyd.

Sedertdien het sy daarin geslaag om haar passie vir tale, kommunikasie, besigheid en mense en hul ontwikkeling te omskep in ʼn handelsmerk wat haar gehelp het om die verskillende paaie wat sy moes reis oor die jare met selfvertroue te loop en die verskillende hoede wat sy moes dra met gemak te dra.

Adéle, die ma van twee dogters, besit ook The Daily Coffee Café in Kuilsrivier saam met haar man en sakevennoot, Nate. ʼn Tweede Daily Café en ʼn splinternuwe restaurantkonsep is ook op die horison. Die Smith-egpaar is ook direkteurs van Accelerating the Business Case for Change, oftewel, ABC² Consulting, hul besigheidstrategie- en menslike hulpbron-agentskap wat in 2017 gestig is nadat albei die besluit geneem het om die korporatiewe wêreld vaarwel te roep en ʼn nuwe entrepreneuriese hoofstuk in hul lewens te begin.

Sy is ook ʼn Assosiaat by Legitimate Leadership, ‘n Johannesburg-gebaseerde onderneming en leierskapsadviseur wat saamwerk met sakeleiers wêreldwyd deur

werkwinkels en ʼn wye reeks intervensies te fasiliteer wat spanne en organisasiekultuur transformeer.

“Ek is passievol oor leer, koffie, goeie kos, musiek en die kunste, en dit is die dinge wat ons in ons lewe en ondernemings inweef, of dit nou by The Daily Café of enige van ons sosiale verantwoordelikheidsprojekte is, soos For The Love of It en funksies van EWE (Everyday Women Empowered). Ons geniet dit om vreugdevolle spasies en verskillende platforms te skep wat aan gevestigde, nuwe, of opkomende kunstenaars en ons gemeenskappe ʼn stem en ʼn geleentheid bied om te leer of iets dikwels vir die eerste keer te doen,” sê sy.

“My werkondervinding het my geleer dat ons te min aandag gee aan ons intuïsie en aanvoeling wanneer dit kom by ons geluk of passies. Te veel van ons ignoreer of onderskat dit wat geluk betref want, ironies, dink ek, ons is bang vir wat dit mag beteken. Ons fokus op GOED. Die rekeninge, die huur, om in te pas, om nie in te pas nie, by die reëls hou, om ander nie in die steek te laat nie. Wat ook al die rede mag wees, kies ons om eerder ons eie geluk buite rekening te laat, om die bose kringloop voort te sit.

“Dit het my byna 20 jaar gevat om te besef dat dit oukei en nodig is om te herontdek, om my passies, gawes en talent te voed en te ontwikkel, sonder die skuldgevoel, twyfel en angs. En, raai wat, ek kan steeds die rekeninge betaal en by Woollies koop: ek is mal oor daardie “Eet vir Minder as R150 aanbiedinge!,” sê sy grappenderwys.

“My raad is om nie dit wat jou regtig gelukkig maak te ignoreer of onderspeel nie. Verken dit. Laat loop daarmee. Jy het net een lewe. Maak dit jou beste een!” – Deur Lynne Rippenaar-Moses

- Deur By Lynne Rippenaar -