Matie-stemme

Prof E Botha

US-kanselier 1998–2007

Prof Elizabeth Botha (née Lindes), gebore in Krugersdorp op 19 November 1930, was ’n skrywer, literator, joernalis, redakteur en akademikus van verskeie eerstes. Só het sy byvoorbeeld in 1987 die eerste vrou geword wat die ondervoorsitterskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns beklee het, en het ook twee jaar later die organisasie se eerste vroulike voorsitter geword het. Enkele jare vroeër, in 1982, het die akademie die Gustav Preller Medalje vir Literêre Teorie en Literêre Kritiek aan haar toegeken, wat haar die eerste vrou gemaak het om dié prys te ontvang.

Botha het in 1948 Engels, Nederlands en Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch (US) kom studeer. Sy het gedurende hierdie tydperk by die redaksie van die studentepublikasie Die Stellenbosse Student aangesluit, as lid van die studenteraad (SR) gedien en die hoofstudent van die koshuis Huis ten Bosch geword.

Verwys na as die ‘Elf Queen of Afrikaans Literature’ deur plaaslike skrywer en akademikus Marlene van Niekerk, het Botha ’n loopbaan in joernalistiek gevolg voor sy by die akademie aangesluit het. Een van die koerante waarvoor sy gewerk het, was Die Burger (1952 – 1953). Die publikasie is deel van die Naspers-uitgewersgroep waarby sy ’n paar jaar later weer sou aansluit as die eerste vrou om op die direksie aangestel te word (1988).

Botha het in die loop van haar akademiese loopbaan as dosent by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), die Universiteit van Pretoria (UP) asook die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gewerk. Daarbenewens het sy tot haar aftrede in 1995 as professor by Unisa diens gelewer.

Botha het in 1998 weer geskiedenis gemaak toe sy die US se eerste vroulike kanselier geword het. Sy is in 2003 weer in hierdie amp aangestel en het dus twee opeenvolgende vyfjaartermyne voltooi.

Botha het elders ook ’n invloed op die moderne Suid-Afrikaanse politieke sfeer gehad, soos voorsitterskap in 1993 van die Kommissie vir Nasionale Simbole wat deur die Veelparty-onderhandelingsforum die taak opgelê is om Suid-Afrika se nuwe nasionale vlag en volkslied te ontwikkel. Sy was in 1994 ook lid van die nasionale komitee vir die inhuldiging van president Nelson Mandela, lid van die Nasionale Kunsteraad en raadsvoorsitter van die Staatsbiblioteek.

Botha is op 16 November 2007 oorlede. Onder die vele toekennings wat sy in haar leeftyd ontvang het, is die NP van Wyk Louw Medalje, die Orde vir Voortreflike Diens, die Unisa Raadstoekenning vir Uitsonderlike Akademiese Meriete, eredoktorsgrade van die universiteite van Stellenbosch en Pretoria, asook die ATKV Prestige-toekenning.

– Deur Steyn du Toit