|
Wie is ons?
Aristea Private Student Organization wants to offer every member the opportunities and structure that would allow members to partake in the University and other social events. The House Committee is there to offer organization of the residence and to provide effective leadership for the PSO members and to create leadership opportunities. We strive to provide encouragement that will ensure the involvement of Aristea Members. We aim to attract members to participate in various fields: sporting-, culture-, social activities and guidance counseling. Aristea aims to become even more visible on campus and to be effective in our communication. We strive to give our private students a sense of belonging to Aristea and taking pride in the achievements of the organization as a whole. Aristea se waardes
Respek Toeganklikheid Diensbaarheid Verantwoordelikheid Individualiteit Uitbouïng van Aristea waardes
Respek Aristea dames pak alle projekte aan met respek vir haarself, haar medemens en haar wyk.
Toeganklikheid
Aristea dames poog om te alle tye toeganklik te wees vir haar medemens om haar dienste tot die beste van haar vermoë aan te bied
Diensbaarheid
Aristea dames wil ook verder beweeg as net haar eie verwysingsraamwerk en haar dienste ten opsigte van vriendskappe, mentorskap en bereidwilligheid om die gemeenskap te dien vir haar naaste te bied
Verantwoordelikheid
Aristea dames wil die sin van verantwoordelikheid kweek deur ‘n voorbeeld te wees van selfdissipline en deursettingsvermoë op akademiese, sosiale en kulturele gebied
Individualiteit
Individualiteit word sterk aangemoedig in Aristea en vryheid binne die waardes word gegee aan elke lid van die wyk. Deur meer ledebetrokkenheid te verkry word die individu ook geakkommodeer in Aristea
Aristea se Visie
Aristea se waardes word vervat in die Visie en Missie Aristea Dames Privaatwyk (studente organisasie), staan vir dames met unieke lewensstyle wat veelsydigheid met verantwoordelikheid beoefen en mekaar daarvoor respekteer. As ? wyk streef ons om vir mekaar asook die gemeenskap toeganklik te wees en met bereidwilligheid te dien.
Aristea se Missie
We desire to generate enthusiasm among Aristea members by organizing a variety of activities. We want to introduce first years to Stellenbosch, campus life and all facets of Aristea as a Private Student Organization. We also aim to create a sense of belonging for the members of Aristea and build relationships through team spirit and mutual respect. We purpose to have a support group available to first years so members can feel at home from the very beginning and ask questions with confidence. We also desire to see Aristea reaching out into the community in and around Stellenbosch. We want to project a professional image at all times by being stylish and elegant ladies.
Aristea en Visie 2012
Aristea Dames Privaatwyk ondersteun die mikpunte van die US wat deur Visie 2012 daargestel is.
Aristea se waardes sowel as Visie en Missie ondersteun ten volle die US om die volgende te bereik: - Om ‘n aktiewe rolspeler in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing te wees - Die bou aan die wetenskaplike, tegnologiese en intellektuele kapasiteit van Afrika - Om ‘n kampuskultuur wat ‘n diversiteit van mense en idees te verwelkom en te help stig - Om Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal in ‘n meertalige konteks te bevorder
Aristea en Diversiteit
Aristea bestaan uit 5000 diverse lede van verskillende godsdienste, kulture, finansiële spektrum, ras en seksuele oriëntasie wat nie gekwantifiseer kan word nie. Ons kan wel die kwaliteit meet. Deur meer aktiewe lede te kweek, kweek ons ook ‘n kultuur van diversiteit, wat om die beurt deur ons waardes ondersteun word. Deur ons sterk komitee basis sowel as geleenthede soos Women’s Week wat vir die eerste keer hierdie jaar ingestel is, moedig ons lede aan van verskillende groepe om betrokke te raak. Ons bied ook beurse aan om lede van ‘n laer ekonomiese klas aan te moedig om ‘n suksesvolle studentelewe te hê. Sodoende kan ons meer van mekaar leer en ons verwysingsraamwerk uitbou.
Aristea en Leierskap
Aristea poog om aktiewe sigbare komitees daar te stel om leierskapsontwikkeling te versterk Aristea het ‘n totaal van 8 komitees wat op verskillende elemente van die wyk konsentreer: Raadgewers Om akademiese ondersteuning te bevorder Tweedejaarskomitee Om kontinuïteit tussen die eerstejaars en HK te verseker Seniorskomitee Om die behoeftes van die seniors in Aristea te bevredig en ledebetrokkenheid na die eerstejaar aan te moedig Bemarkingskomitee Om Aristea op alle gronde te bemark Gemeenskapboukomitee Om verantwoordeliheid te vat vir Aristea se betrokkenheid in die gemeenskap JOOLkomitee Om die JOOLervaring vir Aristea onvergeetlik te maak Huisdanskomitee Om die Huisdans, ‘n glansgeleentheid wat dames met styl aanmoedig, te organiseer Sportkomitee Om die behoeftes wat dames het op sportgebied beter te bestuur en ledebetrokkenheid aan te moedig Eerstejaars Hierdie jaar gaan ons ook vir eerstejaars die geleentheid gee om van die begin af by komitees in te skakel soos Bemarking en Huisdans, asook die sportkomitee. Hierdeur word verantwoordelikheid van die begin van hul Universiteitsloopbaan gekweek. |