You are kindly invited to a lecture by Prof Bram van de Beek on the theme: Church and Agapocracy: The Rule of Love. The lecture will take place on Tuesday 27 March 2012 from 17h30 – 19h00 in the Hofmeyr lecture hall.

Christians claim that their religion is a religion of love because they confess that their God is a God of love. Christian love does not have to do so much with feelings than with acts. Can people trust you? Even your enemies? This rule should be decisive for social structures within the church and it is a gift if this should be the case in society at large as well. Good government is neither the fulfillment of the will of one person, a selected group, nor even that of a democratic majority; it is the fulfillment of the command to love.

It seems obvious to speak in this way in any Christian discourse – but how do we accomplish it in practice?

All welcome!

RSVP by 26 March: Helette van der Westhuizen, hvdwest@sun.ac.za or 021 808 3250.


U word hartlik uitgenooi na ’n lesing deur Prof Bram van de Beek oor die tema: Kerk en Agapokrasie: Die Bewind van die Liefde. Die lesing vind plaas op Dinsdag, 27 Maart 2012 om 17h30 – 19h00 in die Hofmeyr lesingsaal.

Christene beweer dat hulle godsdiens ’n godsdiens van liefde is omdat hulle bely dat hulle God ’n God van liefde is. Christelike liefde het nie soseer te make met gevoelens nie, maar met dade. Kan mense jou vertrou? Kan selfs jou vyande jou vertrou? Hierdie reël behoort bepalend te wees vir sosiale strukture binne die kerk en dit sal ʼn gawe wees indien dit ook in die breër samelewing waar sal wees. Goeie regering is nie die vervulling van die wense van een mens, ʼn uitverkore groep, of selfs ʼn demokratiese meerderheid nie, maar die vervulling van die wet van die liefde.

Dit lyk voor die hand liggend om op hierdie manier in enige Christelike diskoers te praat – maar hoe kan ons dit prakties uitvoer?

Almal welkom!

RSVP teen 26 Maart: Helette van der Westhuizen, hvdwest@sun.ac.za of 021 808 3250