Boekbekendstelling: “Die Kritiese Stem” teen apartheidsteologie in die NG Kerk
- May 19th, 2011
- Posted in News items
- Write comment
“Die Kritiese Stem” teen apartheidsteologie in die NG Kerk
Outeur: Murray Coetzee
Daar was twee teologiese strominge in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, naamlik apartheidsteologie (soos dit uiteindelik neerslag gevind het in Ras, volk en nasie en volkereverhoudinge in die lig van die Skrif (RVN) (1974) in die tydperk van 1905 -1974, en die sogenaamde “kritiese stem” in die Ned Geref Kerk soos verteenwoordig, onder andere, in die lewe en werk van Ben J Marais en CF Beyers Naudé in die tydperk tot en met 1994. In hierdie boek word die kritiek teen apartheidsteologie in die bydraes van Ben Marais en Beyers Naudé beskryf en ondersoek. Die vraag wat hier aan die orde gestel word, is hoe hierdie twee figure die verskille tussen hulle eie posisie en dié van apartheidsteologie in die Ned Geref Kerk bewustelik, maar ook niebewustelik verstaan het.
Hierdie boek van 702 bladsye word as e-boek versprei deur Bybel-Media teen R143.95 per kopie.
Datum: Woensdag 25 Mei 2011
Tyd: 13:00 – 14:00 Plek: Kapel, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch Dorpstraat 171
RSVP: Helette
hvdwest@sun.ac.za
No comments yet.