Olywe
Een van die olyfboompies in die tuin is deur middel van ‘n steggie gekweek wat van die Getsemane-olyf verkry is (in Hebreeus beteken ‘Gatshanim’ ‘Plek van die Oliepers’).
Die wilde olyf (Olea europaea subsp africana) is ook hier te sien. Dit kom regdeur Afrika voor en daar word bespiegel dat die gewone olyf moontlik uit die wilde olyf ontwikkel het.