Waterplante

In die damme vir waterplante is die bekende inheemse waterlelie (Nymphaea capensis) asook waterblommetjies (Aponogeton distachyos) en die heilige Lotus van die Ooste (Nelumbo nucifera), wat sy pragtige pienk blomme in die somer dra.

Papkuil (Typha capensis), die Egiptiese papierplant (Cyperus papyrus), die rysplant (Oryza sativa) en die klawerige varing, Marsilea, staan in die moerasgedeelte van die damme.