Steinhoff Maties I
Steinhoff Maties II
Steinhoff Victorians

Stellenbosch University Cricket Club
Die Maties Krieketspan het vandag in hul openingwedstryd by die Nasionale Klubkampioenskappe teen Union Stars van SWD geseëvier. Te danke aan 57* van Wikus van Vuuren en 52* van Mark van Heerden het Maties die wedstryd met tien paaltjies gewen. Dewald Botha het met 6/48 as Man van die Wedstryd weggestap. Maties kom more teen GM Old Edwardians van Gauteng te staan.
Tuesday 23 AprilDie Maties Krieketspan het vandag in hul wedstryd by die Nasionale Klubkampioenskappe teen 'n sterk GM Old Edwardians vasgeval. Vir Old Eds het Neil McKenzie en Devon Conway onderskeidelik 82 en 77 lopies geslaan, terwyl Dewald Botha (2/38) weereens goed gedoen het met die bal. Mark van Heerden (72) en Uwe Birkenstock (56) het 'n goeie vennootskap gebou, maar op die einde van die dag het Old Eds met 39 lopies geseëvier. Die verloor is egter nie 'n uitklophou nie, en Maties kom more teen Western Province Cricket Club te staan.
Wednesday 24 AprilDie Maties Krieketspan het vandag 'n oortuigende oorwinning oor WPCC gehad op die derde dag van Krieket SA se Nasionale Klubkampioenskappe. Goeie kolfbeurte deur Wikus van Vuuren (69) en Emile Kriek (63) het bygedrae tot 'n totaal van 225 vir die verlies van ses paaltjies. Uitstekende boulwerk van onder andere Faan Fourie (4/29), het gesorg vir 'n oorwinning van 106 lopies. Maties kom more in 'n baie belangrike kragmeting te staan teen Tukkies. Die wenner van hierdie wedstryd kan grootliks bepaal wie Saterdag in die kompetisie se eindstryd gaan speel.
Copyright © 2011 Maties Cricket
Site by Stdio

