Welkom


Welkom by die tuisblad van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO). Hierdie sentrum bied al jare lank diens aan die studente van die Universiteit Stellenbosch. (Dit is in 1965 gestig en, naas die studentevoorligtingsdiens van die Universiteit van Kwazulu-Natal, is dit die oudste sentrum van dié aard in Suid-Afrika).

 

Die SSVO werk hoofsaaklik deur die Afdeling vir Terapie en Persoonlike Ontwikkeling (ATPO), wat verantwoordelik is vir sielkundige terapie en onwikkeling om studente te help om suksesvol te studeer, en die Afdeling Akademiese Voorligting en Loopbaanontwikkeling (AVLO), wat studente help met akademiese voorligting en beroepsvoorligting. Hierdie afdeling bestaan ook uit ‘n kantoor vir studente met spesiale leerbehoeftes (gestremdhede) en´n Loopbanekantoor. Hierbenewens speel die SSVO ook ‘n beduidende rol op vele ander gebiede in die Universiteit en die die wyer gemeenskap, onder andere deur opleiding- en konsultasiedienste.

Ons leuse is: “Vennote vir Sukses!” en jy sal gou agterkom dat ons groot verskeidenheid dienste ook vir jou van waarde kan wees. Dus, ons is ook jou vennoot vir sukses!

Comments are closed.