Daar is kopiereg op die Eendrag wapen en logo. Kliek hier om ’n hoë resolusie wapen en logo af te laai.
Op Donderdag 2 Mei het die nuutgevestigde pokerklub in die Eagles Pub bymekaargekom om strategie en blufvermoë te vergelyk. Jarre, twarre, seniors en Oumanne het alle vriendskaplike bande vir eers opsy geplaas om hul onderskeie tafels te wen.
Op Saterdag 4 Mei het Eendrag en Sonop se toneelstuk aan die finaal van die Universiteit se toneelfees deelgeneem. Hier het “Seep Inc.”, geskryf deur Adriaan Steyn, 'n algehele tweede plek behaal.
On Saturday 4 May, Eendrag Football Club recorded their third win of the season by comfortably beating Majuba B 2-0. After a good team talk at the half time break, Draggies came out with their guns blazing and scored two well-crafted goals by Frankie Maritz and Elrich Groenewald. If it wasn’t for the impressive Majuba keeper, the score sheet could have doubled in favour of Eendrag.
Die “spading”-seisoen het gekom en gegaan. Isa het hierdie jaar `n merkwaardige poging aangewend om as Eendrag se Mad2 vennoot verkies te word.
Die vierde wedstryd van die Sauer het op Vrydag 10 Mei plaasgevind. Die Eagles het vir Academia aangevat en oortuigend gewen met 'n eindtelling van 39-12.
Eendrag se eerste tafeltennisspan beklee tans die top posisie in die A-Liga nadat hulle Maandag vir Huis Marais met 15 potte teenoor 10 geklop het.
Dis weer daardie tyd van die jaar wat jy honderd-en-tien ander dinge kry om te doen: van kameruitvee tot gym en kaste regpak - enige iets om nie te begin leer nie. Vir meeste van ons is die eksamen ‘n depressiewe en spanningsvolle tyd wat ons so gou moontlik wil verby hê, want 'n lekker lang Junievakansie wag.