Daar is kopiereg op die Eendrag wapen en logo. Kliek hier om ’n hoë resolusie wapen en logo af te laai.
Die woord sêr is afgelei van serenade. Tradisioneel was dit ‘n
aktiwiteit waartydens ‘n groep mans ‘n groep dames met hul sangstemme
bekoor het, of vica versa. In Eendrag staan die kleinsêrgroep as die
Plutosêrgroep bekend – vernoem na ‘n legende uit Eendrag se geskiedenis
waarmee eestejaars jaarliks kennismaak. Dié elite groep mans word met
die hand uitgesoek en oefen baie hard om hul standaard jaarliks te
verbeter.