Daar is kopiereg op die Eendrag wapen en logo. Kliek hier om ’n hoë resolusie wapen en logo af te laai.
By Eendrag word jy uitgedaag om aan ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite deel te neem – ‘n eendimensionele lewensuitkyk is hoegenaamd nie wat jy by Eendrag kan verwag nie. Dit is daarom geen verrassing dat kultuur so ‘n sentrale en beduidende rol in Eendrag speel nie. Eendrag poog ook daarin om aan alle presteerders gelyke erkenning te bied.
Jaarliks neem Eendrag deel aan ‘n verskeidenheid kompeterende en nie-kompeterende kulturele aktiwiteite en is ook elke jaar een van die gunstelinge om die gesogte kultuurbeker te verower.
Kliek gerus op die skakels om meer te lees van die aktiwiteite waarin Eendragters hulle staal toon.