First Year’s Welcoming Week

Dear Goldfielder

Welcome to Goldfields! The oldest mixed-gender, mixed-race residence in South Africa.

Congratulations on your acceptance to Stellenbosch University and your placement in Goldfields – we can assure you that Goldfields is a home that will enrich your student experience. You are about to become part of a vibrant listening-living-and-learning community of 174 students, housed in fourteen separate blocks on spacious and secure grounds in the historic town of Stellenbosch.

Our main gate is approximately seven minutes’ walk from the Neelsie Student Centre, the Rooiplein and the JS Gericke Library. Campus is big, but you will find us to the north in Hammanshand Road opposite the Faculty of Engineering, with views on to the Lentelus sport fields (for rugby, soccer and hockey). There are various safe walking- and bicycle-friendly routes from us, all along campus, to town. There is also a Maties shuttle service.

Included with this letter in the envelope is a:

Welcoming brochure with information on the residence and the welcoming programme

We are sure you will enjoy reading the welcoming brochure; please also visit our website for more information www.sun.ac.za/goldfields and like our Facebook page at www.facebook.com/goldfieldsresidence.

As the House Committee (the elected student leaders of the residence) we have planned a busy time for you, starting on Wednesday 21 January 2015. You can move in from 15:00 onwards, with our official programme starting at 19:00 at Goldfields. We invite you and your parents to join us for a light finger-food dinner and meet our Resident Head, the members of our House Committee and the Mentors who will help you with your social and academic adjustment.

Please do not hesitate to contact us if you have any questions.
We look forward to meeting you in person!

Kind regards

 

Anja and Gunther

 

Beste Goldfielder

Welkom by die oudste dubbelgeslag, rasvermengde koshuis in Suid-Afrika!

Baie geluk met jou toelating tot die Universiteit Stellenbosch en jou plasing in Goldfields – ons kan jou verseker dat hierdie ’n uitsonderlike plek is wat jou studentelewe sal verryk. Jy raak nou deel van ’n lewendige luister-leef-en-leergemeenskap waar 174 studente in veertien (sewe mans- en sewe vroue-) blokke tuisgaan.

Ons ruim perseel is aan die noordekant van kampus geleë, in Hammanshandweg, oorkant die Fakulteit Ingenieurswese en langsaan die Lentelus sportgronde, waar studente smiddae rugby, hokkie en sokker oefen. Alhoewel kampus groot is, met universiteitsgeboue vanaf die Krom- tot by die Eersterivier, is daar genoeg stap- en fietsvriendelike roetes wat regoor kampus tot by die middedorp strek, en ’n bussiediens vir die dag as jy swaar aan al jou boeke dra. Ons hoofhek is sowat sewe minute se stap vanaf die Neelsie Studentesentrum, die Rooiplein en die JS Gericke biblioteek.

Tesame met hierdie brief, vind jy in jou koevert ’n:

Verwelkomingsbiljet met inligting oor ons koshuis en die Verwelkomingsprogram

Ons is seker jy sal die verwelkomingsbiljet van hoek-tot-kant deurlees. Gaan besoek gerus ook ons webtuiste by www.sun.ac.za/goldfields en fynkam ons Facebook-blad by www.facebook.com/goldfieldsresidence.

As Huiskomitee (die verkose studenteleiers van die koshuis) het ons ’n propvol program vir jou beplan. Dit begin op Woensdag 21 Januarie 2015 en jy kan enige tyd vanaf 15:00 intrek. Ons nooi graag vir jou en jou ouers uit om ons Inwonende Hoof, die lede van die Huiskomitee en die Mentors om 19:00 in die binnehof te ontmoet. Ons geniet ’n ligte vingerete saam voordat jy en jou ouers mekaar groet.

Kontak ons gerus as jy enige navrae het.
Ons sien uit om jou binnekort in lewende lywe te ontmoet!

Vriendelike groete

 

Anja en Gunther