Grondwet Print E-mail

 

AANHEF

AANGESIEN dit noodsaaklik is dat Huislede van Helderberg as 'n georganiseerde liggaam moet optree;

EN AANGESIEN hulle die welsyn van die Huis wil verseker en in noue voeling met die Universiteitsowerheid wil verkeer;

EN AANGESIEN daar 'n behoefte bestaan om die magte en pligte van elke liggaam binne die Huis te omskryf, ter voorkoming van verwaarlosing van bevoegdhede of pligte;

DAAROM sal hierdie grondwet dien as tigsnoer vir elke handeling van die Huis as geheel en ook van elke individuele lid daarvan en daarom verbind elke lid van Helderberg hom tot onderwerping aan en handhawing van die bepalinge van hierdie grondwet.

Artikel 1

Naam

Die naam van hierdie huis is deur die Raad van die Universiteit van Stellenbosch bepaal as "Helderberg". Kragtens 'n besluit van die Huisvergadering gehou op 28 Augustus 1957 word 'n Republiek uitgeroep en sedertdien staan die Huis as die :”Republiek van Helderberg" bekend.

Artikel 2.

Doelstellings

Doelstelling 1. Die daarstelling van 'n effektiewe studieplek, maar ook 'n aangename en gerieflike verblyfplek vir studente wat voltyds aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en wat aan hierdie huis toegewys is.

Doelstelling 2. Die hegte saambind van hierdie studente as 'n belangegroep wat nie alleen in die koshuis as eenheid sal
funksioneer nie, maar wat ook op 'n meer algemene wyer kampusvlak aktief as 'n eenheid sal kan optree.
Doelstelling 3. Die daarstelling van 'n konteks waarbinne 'n persoon gevorm en ontwikkel kan word, maar ook 'n konteks
waarbinne hy homself kan ontwikkel en sy mede-studente kan help ontwikkel. Hierdie ontwikkeling geskied veral
op die volgende vlakke: akademies, sosiaal, sport en leierskap.
Doelstelling 4. Alle aktiwiteite van die Republiek sal gemeet word aan die volgende vyf waardes en daaraan onderhewig wees en
tugverhore sal ook hierdie waardes gebruik as maatstaf in die beoordeling van oortredings:
(a) Trots
(b) Uitnemendheid
(c) Verantwoordelikheid en selfdissipline
(d) Eerbaarheid
(e) Respek

Artikel 3.

Regspersoonlikheid

3.1Die Republiek van Helderberg is 'n liggaam sonder winsoogmerk; en die inkomste en eiendom van die koshuis, uit welke bron ook verkry, word uitsluitlik aangewend vir die bevordering van koshuisaangeleenthede soos in die Grondwet en Reglement uiteengesit.

3.2Alle bates van die koshuis word deur die universiteit op die naam van die koshuis gehou en geregistreer.

3.3Die inkomste en eiendom van die koshuis moet alleenlik aangewend word vir die bevordering van die koshuis en sy aangeleenthede as sodanig, en sy inwoners as geheel. Geen gedeelte van die inkomste mag aan enige lid of lede betaal of, direk of indirek oorgedra word nie, met dien verstande dat niks wat hierin vervat is die betaling van bona fide vergoeding aan enige ampsdraer van die koshuis, of aan enige lid met die oog op enige diens wat in werkllikheid aan die koshuis gelewer is, verhoed nie.

Artikel 4

Lede en lidmaadskap

4.1'n Huislid is 'n ingeskrewe student aan die Universiteit van Stellenbosch aan wie losies deur die Universiteitsowerhede in Helderberg toegeken is.

4.2Die volgende hiërargiese onderskeiding word binne die koshuis (hier genoem Huis) getref:

4.2.1'n "Eerstejaar" is 'n persoon wat sy eerste akademiese jaar aan hierdie Universiteit aflê en wat vir die eerste jaar in hierdie koshuis woonagtig is, behoudens die bepalinge van artikel 4.2.2. So 'n persoon is onderhewig aan die bepalings en verpligting soos deur die Reglement bepaal.

4.2.2'n "Junior" is 'n persoon wat reeds een volle akademiese jaar aan hierdie Universiteit voltooi het terwyl hy in hierdie Huis woonagtig was en wat reeds die finale verwelkomingsplegtigheid van die Huis deurgaan het. In die volgende gevalle kan 'n persoon, na deelname aan die finale verwelkomingsplegtigheid, by die Huiskomitee aansoek doen om Juniorstatus: 'n eerstejaar wat by die aanvang van die akademiese jaar reeds 21 jaar of ouer is; 'n Student wat reeds een akademiese jaar aan 'n ander Universiteit of Kollege voltooi het en wat vir die eerste keer in Helderberg inwoon. Geen huislid het stemreg alvorens aan die vereistes van die finale verwelkomingsplegtigheid voldoen is nie. Hierdie reëlings is bindend tensy die persoon na skriftelike aansoek die nodige skriftelike vrystelling van die Huiskomitee verkry het.

4.2.3'n "Senior" is 'n persoon wat ten minste twee akademiese jare voltooi het, waarvan ten minste een in Helderberg deurgebring is en wat die finale verwelkomingsplegtigheid deurgegaan het, of skriftelike vrystelling van die Huis- komitee verkry het.

4.3'n Senior en Junior Huislid het die voorreg om die amptelike kleure van Huis te dra, met uitsondering van die klere wat spesifiek toegeken word aan HK-lede of ander lede deur die huis of die HK geïdentifiseer.

4.4'n Senior en Junior Huislid het die reg om mosies by Huisvergaderings voor te stel en aan bespreking deel te neem, met inagneming van Grondwetartikel 7 en die reglement Vergaderingsprosedure.

4.5'n Huislid se lidmaatskap verval by kansellasie van sy losies. Lidmaatskap verval ook soos bepaal in Grondwetartikel 9, Tugmaatreëls.

4.6Burgerskap tot die Republiek word verkry deur die Eersterivier te swem.

Artikel 5

Ampsdraers

5.1Die ampsdraers van die Huis bestaan uit die President (hierna genoem die Primarius), die Vise-president (hierna vernoem die Onder-Primarius), en die Kabinet (hierna genoem die Huiskomitee) bestaande uit twaalf (12) ander lede. Hierdie ampsdraers word deur die Huis verkies, waarna die aanstelling deur die Universiteitsowerhede bekragtig word.

5.2Voorvereistes vir Huiskomiteeskap: Enige huislid wat aan die volgende voorvereistes voldoen, kan vir die Huiskomiteeverkiesing genomineer word:

5.2.1'n Huislid wat reeds die finale verwelkomingsplegtigheid deurgaan het, of wat die nodige vrystelling van die Huiskomitee verkry het ingevolge Grondwetartikel 4.2.3

5.2.2'n Huislid wat aan die akademiese voorvereistes van die universiteit met betrekking tot Huiskomitee voldoen en nie verbied word weens hangende of vorige tugstappe teen die kandidaat deur die universiteit nie. Enige kandidaat se nominasie kan egter deur die Huiskomitee gekondoneer word, ongeag enige bepalings in hierdie Grondwet.

5.3Nominasie en verkiesing

5.3.1Stembuskomitee

a) Elke verkiesing van 'n Primarius, Onder-primarius of Huiskomitee sal geskied onder toesig van 'n bepaalde kommitee, wat uitsluitlik vir hierdie doel deur die primarius aangewys word (tensy hyself weer aan die verkiesing deelneem,waar die onder- primarius die plig sal oorneem), naamlik die Stembuskomitee. Hierdie komitee ontbind ipso facto sodra die verkiesing afgehandel is. Die verkiesing word geag afgehandel te wees 12 uur na die bekendmaking van die uitslag van die verkiesing, met dien verstande dat geen beswaar teen die uitslag aanhandig gemaak is nie.

b)Die Stembuskomitee bestaan uit 'n Konvenor en nog twee (2) ander senior lede, waarvan een die huidige president moet wees, tensy hyself weer aan die verkiesing deelneem, in watter geval die Onder-primarius een van die twee lede sal wees.

c)Die Stembuskonvenor word tydens 'n Buitengewone Huisvergadering, byeengeroep volgens en kragtens Grondwetartikel 7.2, of ‘n gewone huisvergadering, aangewys. Die Stembuskonvenor mag onder geen omstandighede as Huiskomiteelid genomineer word nie.

d)Die Huis wys terselfdertyd die res van die komitee aan, met dien verstande dat geen een van hierdie persone as Huiskomitee-lid genomineer mag word nie.

5.3.2Nominering

a)Na verloop van genoegsame tydspeling, bepaal die Stembuskomitee 'n sluitingsdatum vir nominasies.

b)Alle nominasies word deur die Konvenor ontvang. 'n Nominasie bestaan uit die volgende:

Posisie waarvoor genomineer word (bv. Primarius);

Naam en handtekening van die kandidaat;

Naam en handtekening van die voorsteller;

Naam en handtekening van sekondante

twintig (20) in die geval van Primarius, tien (10) in die geval van Onder-Primarius en vyf (5) in die geval van Huiskomitee.

c)Die Inwonende Hoof bepaal watter van die genomineerdes kwalifiseer akademies vir die verkiesing.

d)Die Stembuskomitee sal toesien dat geen stemwerwing plaasvind nie.

5.3.3Die Voorstellingsvergadering

a)Die Primarius is verantwoordellik vir die reël van 'n Voorstellingsvergadering (Sirkus) van die genomineerde Huiskomitee-kandidate, waartydens die President as voorsitter sal optree. [ Die bywoning van hierdie vergadering is verpligtend vir eerstejaars en boetes geld soos vir ‘n huisvergadering]

b)Aan die kandidate vir die Primariusskap kan tot twintig (20) vrae gevra word; aan kandidate vir die Onder- Primariusskap kan tot tien (10) vrae gevra word; aan gewone Huiskomiteelede kan tot 5 vrae elke gevra word. In die geval van die Primarius, moet vyf (5) vrae uit die geledere van die OMK (sien art. 8.2.2(c)) kom, twee (2) in die geval van die Onder-primarius, en een (1) in die geval van ‘n Huiskomitee-lid.

c)Die volgorde van die verskyning van die kandidate word vooraf deur middel van loting bepaal.

5.3.4Die Verkiesing

a)Die Primarius:

(i)In gevalle waar meer as twee (2) kandidate vir Primarius genomineer is, sal die aantal kandidate tot twee

(2)verminder word deur ‘n eliminasiestemming.

(ii)Die verkiesing van die Primarius vind per geslote stembrief plaas, binne 24 uur na die Sirkus/eliminasiestemming.

(iii)Die stemme van die Eerstejaars dra 1/2 van die gewig van ‘n volwaardige stem.

b) Die Onder-Primarius:

Die verkiesing van die Onder-Primarius is mutatis mutandis dieselfde as by die Primarius.

c)Die verkiesing van die twaalf (12) ander lede:

(I)Die verkiesing vind deur middel van 'n geslote stemming plaas binne 24 uur na die voorstellingsvergaderings van die onderskeie kandidate.

(ii)By die verkiesing sal elke Huislid vir soveel kandidate stem as wat hy wil tot 'n maksimum van elf

(12).

(iii)Die nuwe Huiskomitee sal bestaan uit die elf (12) kandidate wat die meeste stemme behaal van al die kandidate wat meer as 40 % van die totale aantal uitgebragte stemme op hulle verenig.

(iv)Indien minder as elf (12) kandidate 40 % van die totale aantal uitgebragte stemme op hulle verenig, sal daar 'n verdere stemming plaasvind waarin elke Huislid dan stem vir soveel kandidate as wat hy wil, tot ‘n maksimum van die aantal opgevulde vakatures. Die kandidate vir hierdie stemming sal bestaan uit al die kandidate wat in die eerste stemming minder as 40 % maar meer as 20% van die totale aantal uitgebragte stemme op hulle verenig het.

(v)Kandidate mag nie na die eerste rondte van stemme onttrek in geval van vereniging van minder as 40% stemme op hom maar meer as 20%, behalwe waar sy besluit deur die Huiskomitee en die Stembuskomitee aanvaar word.

(vi)Kandidate wat egter minder as 20 % van die totale aantal uitgebragte stemme op hulle verenig, is verplig om hulle te onttrek en mag hulleself nie weer verkiesbaar stel voor die volgende algemene verkiesing nie. Hierdie prosedure is mutatis mutandis dieselfde totdat alle vakatures gevul is, behalwe in gevalle waar:

daar 'n onvoldoende aantal kandidate kwalifiseer vir verdere stemmings, met dien verstande dat daar altyd meer kandidate as vakatures moet wees;

daar na twee herstemmings m.a.w. 3de stem nog geen finale uitslag is nie. In enige van bogenoemde gevalle moet die Stembuskonvenor dadelik aanvullende nominasies aanvra. Hierdie nominasies sluit binne twee universiteitsdae na die vorige stemming.

(vii) 'n Kandidaat wat in die Primarius-verkiesing uitval, kwalifiseer sonder meer vir die Onder-Primarius-verkiesing, terwyl 'n persoon wat uitval by die Onder-primariusverkiesing sonder meer kwalifiseer vir die Huiskomiteeverkiesing.

d)Verkiesingsprosedure

(i)Daar sal te alle tye ten minste ‘n lid van die Stembuskomitee aanwesig wees in die Stemlokaal;

(ii)Elke Huislid se stem is streng geheim;

(iii)Na sluiting van die Stembus mag alleen lede van die Stembuskomitee betrokke wees by die tel van stemme, waarna die uitslag dadelik bekend gemaak moet word.

e)Besware

(i)Besware in verband met die verkiesing moet telkens binne twaalf uur na die bekendmaking van die uitslag by die Stembus- konvenor ingedien word. Die Stembuskonvenor sal in oorleg met die uittredende Primarius ondersoek instel na die besware, gevolg deur daadwerklike optrede indien nodig; of die besware uit die weg ruim en die oortreders tot verantwoording roep, of in uiterste gevalle die verkiesing ongeldig verklaar.

(ii)In gevalle waar besware skriftelik ingedien word, en onderteken deur ten minste 33 % van die Senior en Junior stemgeregtigdes skriftelik beswaarmaak teen die ongeldigverklaring van die verkiesing is die uittredende Primarius verplig om 'n buitengewone Huisvergadering te belê om die saak te ondersoek en 'n oordeel te vel. Die bewyslas sal in elke geval berus by die persone wat skriftelik beswaar gemaak het.

(f) Geen versuim van die Stembuskomitee om al hul pligte na tee kom sal die verkiesing ipso facto ongeldig maak nie, maar stel die lede van die komitee bloot aan streng deur die Huiskomitee.

5.4 Dienstermyn:

Amptelik strek die dienstermyn van die Primarius en die Huiskomitee vanaf die eerste Huiskomitee-vergadering van die vierde kwartaal tot en met die laasste Huiskomiteevergadering van die daaropvolgende jaar se derde kwartaal.

5.5 Pligte

5.5.1Die Primarius

(a)Die Primarius is, as hoof-uitvoerende amptenaar van die Universiteitsowerheid in die koshuis, verantwoordelik vir die dissipline in die Huis. Hierdie dissipline word uitgevoer in terme van die algemene Raadsbeleid van die Universiteit, die Reglement vir Manskoshuise en die bepalings soos vervat in die artikels van hierdie Grondwet en Reglement. Hierin staan die Huiskomitee die Primarius by.

(b)Ex officio is die Primarius voorsitter van die Huiskomitee sowel as van die Huisvergadering en verteenwoordig hy die Huis in die Prim-komitee.

(c)Die Primarius dien as koördinerende skakel tussen die Huis, die Inwonende Hoof en die Universiteitsowerheid.

(d)Die Primarius sal aan die begin van sy dienstermyn aan elkeen van die verkose Huiskomiteelede een of meer portefeuljes toewys.

(e)Die Primarius bly, saam met die nuutverkose Primarius, verantwoordelik tot aan die einde van die akademiese jaar.

(f)Die Primarius stel aan die einde van sy termyn ‘n jaarverslag saam, wat ingedien word vir die Huis by die laasste Huisvergadering van die jaar, tesame met die Tesourier se Finansiële verslag (art. 5.5.3(b)(2)).

5.5.2 Die Onder-Primarius

(a)Alle bovermelde pligte van die Primarius word deur die Onder-Primarius hanteer wanneer:

(I)die verkose Primarius op enige tydstip nie meer vir sy amp beskikbaar is nie. In so 'n geval word die Onder- Primarius sonder meer die Primarius;

(ii)die Primarius tydelik nie beskikbaar is nie;

(iii)die Primarius of die Huis dit aan hom opdra.

(b)Die Onder-Primarius tree op as Onder-voorsitter in alle komitees en vergaderings waarin die Primarius die voorsitter is.

(c)Die Onder-Primarius het die volgende vaste portefeuljes, maar daar kan ook nog ander deur die Primarius aan hom toegewys word:

(i)Die Onder-Primarius word ex-officio deur die Universiteitsowerhede aangestel as veiligheidsverteenwoordiger van die koshuis in die Risikobestuurprogram.

(ii)Die Onder-Primarius is verantwoordelik vir die verkiesing en die gee van leiding aan die Tweedejaarskomitee.

5.5.3Die Tesourier

(a)Die Tesourier word deur die Primarius aangewys uit die res van die Huiskomitee, ingeslote die Onder-Primarius.

(b)Die Tesourier sal verantwoordelik wees vir:

(i)die opstel van 'n begroting vir die jaar

(ii)die opstel van 'n finansiële jaarverslag wat saam met die Primarius se jaarverslag voor die Huisvergadering sal dien op die Jaarlikse Huisvergadering.

5.5.4Die Sekretaris

(a)Die Sekretaris word deur die Primarius aangewys uit die res van die Huiskomitee, ingeslote die Onder-Primarius, maar uitgeslote die Tesourier.

(b)Die Sekretaris sal vir die volgende funksies verantwoordelik wees:

(i)Algemene administrasie van die Huis- en Huiskomitee-aangeleenthede;

(ii)die behoorlike notulering van elke Huisvergadering;

(iii)die behoorlike notulering van elke Huiskomitee- en Tugkomiteevergadering;

(iv)die aanbring van goedgekeurde Huiskomiteebesluite op een van die kennisgewingborde by die eetsaal, en/of die afkondiging daarvan, in ooreenstemming met Grondwetartikel 5.6.2.

5.5.5Ander pligte van die Huiskomitee

(a)In die algemeen is die Huiskomitee, die Primarius ingeslote, verantwoordelik vir die handhawing van die bepallings

van die Raad van die Universiteit en die Grondwet en Reglemente van hierdie huis.

(b)In die besonder is elke Huiskomiteelid, die Primarius uitgeslote, verantwoordelik vir die handhawing van die bepalings van die raad van die Universiteit en die Grondwet en Reglemente van die Huis in sy betrokke seksies;

(c)Elke Huiskomiteelid is bo en behalwe (a) en (b) ook verantwoordelik vir een of meer portefeuljes wat deur die Primarius aan hom toeggewys word;

(d)Die Huiskomitee is gemagtig om in alle sake buite die Huis, wat die Huis as geheel raak, namens die Huis op te tree;

(e)Alle klagtes word deur die Huiskomitee ontvang en die Huiskomitee is verplig om daarop te reageer;

(f)Die Huiskomitee sal sorg dat die Grondwet en Reglement aan die begin van elke termyn behoorlik op datum gebring word;

(g)Alle verenigings en klubs in die Huis sal sy grondwet en aansoek om erkenning aan die Huiskomitee voorlê vir goedkeuring, om die voortbestaan daarvan asook behoorlike kontrole te verseker;

(h)Die Huis behou homself die reg voor om by enige vergadering van die Huis, van enige komitee of ampsdraer, rekenskap te vra aangaande hul werksaamhede. Die betrokke komitee/ampsdraer is verplig om die gevraagde rekenskap te gee.

5.6Vergaderings en Konfidensialiteit:

5.6.1Huiskomiteevergaderings

(a)Die Primarius is ex officio voorsitter van die Huiskomiteevergadering;

(b)Tydens Huiskomiteevergaderings het hy 'n gewone en 'n beslissende stem;

(c)Die Huiskomitee vergader ten minste een maal peer week. Bywoning is verpligtend, tensy toestemming voor die aanvang van die vergadering van die Primarius verkry is. 'n Lid wat afwesig is sonder verlof is onderhewig aan tug deur die vergadering, met inbegrip van Grondwetartikel 5.7.1 (c);

(d)Agt (8) lede vorm 'n kworum;

(e)Die Inwonende Hoof het ex officio sittingsreg op die Huiskomiteevergadering.

5.6.2Konfidensialiteit

(a)Huiskomiteevergaderings is vertroulik. Lede wat hulle skuldig maak aan die verbreking van hierdie vertroulikheid is onderhewig aan tug deur die vergadering, met inbegrip van Grondwetartikel 5.7.1 (d);

(b)Die notules van Huiskomiteevergaderings word as vertroulik geag vir 'n tydperk van 3 jaar, waarna dit in die argief beskikbaar sal wees;

(c)Die Huiskomiteevergaderings, so ook die Tugkomiteevergadering, kan opdrag gee dat sekere besluite deur die Sekretaris aan die Huis deurgegee moet word, steeds met dien verstande dat geen individu se privaatheid daardeur aangetas mag word nie.

5.7Ontheffing en vakatures:

5.7.1'n Huiskomiteelid se lidmaatskap verval wanneer hy:

(a)ophou om 'n stemgeregtigde lid van die Huis te wees;

(b)skriftelik sy bedanking by die Inwonende Hoof indien;

(c)hy van twee Huiskomiteevergaderings wegbly sonder toestemming;

(d)op grond van ernstige versaking van pligte, of wangedrag, deur die Inwonende Hoof van sy amp onthef.

5.7.2Vakatures wat in die Huiskomitee ontstaan, om welke rede dan ook, sal deur middel van die gewone verkiesingsprosedure gevul word, met dien verstande dat:

(a)indien dit die Primarius is, die Onder-Primarius sonder meer die Primarius word;

(b)indien dit die Onder-Primarius is, die Huiskomiteelid wat die meeste stemme in die verkiesing verwerf het, sonder meer die Onder-Primarius word,

(c)enige herverdeling van portefeuljes beslis sal word.

(d)die huis dit by ‘n Huisvergadering sou nodig ag om ‘n plaasvervanger aan te stel.

Artikel 6

Finansies

6.1Die Republiek van Helderberg is 'n liggaam sonder winsoogmerk, onderhewig aan grondwetartikel 3.1 tot 3.3

6.2Huisgelde:

6.2.1Elke Huislid betaal jaarlikse Huisgelde soos deur die Universiteit voorgeskryf word.

6.3Boekjaar:

Die Huis se boekjaar strek van 1 Oktober tot 30 September.

6.4Ouditering:

6.4.1Jaarliks sal daar by die derde huisvergadering ’n Teskommissie saamgestel word om die finansiële boeke van die koshuis, soos gehou deur die Tesourier, te oudit.

6.4.2Hierdie komitee word saamgestel deurdat 2 kandidate voorgestel word deur die Huiskomitee en 2 ander lede deur die Huis by die vergadering. Uit die 4 kandidate word dan 3 lede verkies, wat die Teskommissie opmaak. Die Teskommissie verkies intern ’n voorsitter wat sal korrespondeer met die Tesourier, die nodige finansiële inligting by hom kry sowel as verslag lewer oor die stand van die koshuis se finansiële gesondheid, sowel as die mate van kwaliteit van die hantering van die boeke deur die Tesourier. Elke kandidaat wat verkies word, moet ’n redelike kennis van die Rekeningkunde hê en ’n bona fide persoon wees.

6.4.3Die Teskommissie het toegang tot enige inligting en moet by navrae aan die Pirmarius, onder-Primarius of enige Huiskomiteelid, van die nodige inligting voorsien word, inbegrip van notules, state, begrotings en kommunikasie.

Artikel 7.

Huisvergaderings

7.1Gewone Huisvergaderings:

7.1.1'n Gewone huisvergadering word ten minste een maal per kwartaal gehou.

7.1.2Kennisgewing vir die byeenroeping van '‘n gewone Huisvergadering geskied by wyse van 'n skriftelike kennisgewing op die kennisgewingbord, minstens 14 dae voor die aanvang van die vergadering.

7.1.3Bywoning van 'n gewone Huisvergadering is verpligtend vir alle Huislede vir ten minste die formele deel van die vergadering [ en vir eerstejaars vir die volle vergadering]. Alleen skriftelike verskonings wat by die Onder-Primarius ingedien word voor die vergadering, sal aanvaar word. Huislede wat sonder verlof wegbly, word sonder meer met R100 beboet, met reg tot appél tot die Tugkomitee.

7.1.4Die kworum vir 'n Huisvergadering is 1/3 van die stemgeregtigde lede.

7.1.5Spreekbeurte en stemreg is die voorreg van elke stemgeregtigde Huislid wat voldoen aan die voorwaardes gestel in Grondwetartikel 4 en die Reglement Vergaderingsprosedure. Eerstejaars het geen spreekbeurte-en stemreg nie, behalwe in die geval waar oor kossake gestem word, waartydens Eerstejaars wel stemreg het. Die Primarius het alleen 'n gewone stem.

7.1.6'n Agenda sal as basis dien vir elke Huisvergadering en die Voorsitter sal die agenda aan die vergadering voorlees onmiddellik na die opening van die vergadering. Die agenda vir ‘n gewone Huisvergadering bestaan uit die volgende punte:

I) Konstituering, opening en verwelkoming;

ii)Lees van die vorige notule(s);

iii)Sake uit die notule(s);

iv)Spreekbeurte

v)Formele Mosies - Grondwet- en ander skriftelike mosies;

vi)Ondertekening van presensielys deur seniors en juniors wat die vergadering verlaat

vii)Informele Mosies/Varia en vrae;

viii)Afsluiting

ix)Huislied

x)Verdaging

xi)Ondertekening van presensielys deur seniors, juniors en eerstejaars

*Die Voorsitter mag nie sonder die verlof van die vergadering van die agenda afwyk nie.

*Indien daar nagelaat is om geldige mosies op die agenda te plaas, kan die voorsteller, onmiddelllik na die voorlees van die agenda deur die Voorsitter, eis dat dit gedoen word. Daar moet aan die eis voldoen tensy die mosie van sodanige aard is dat dit onder Varia en Vrae behandel kan word.

*Na voorlees van die Notule sal die Voorsitter voorstelle vra dat die notules net so aangeneem word. Indien enige Huislid die voorstel maak en dit sekondeer word, word die notule as aangeneem beskou. Indien iemand die juistheid daarvan in twyfel trek en 'n verbetering aanvra, moet dit na debattering as soos aangevra verander word. Daarna moet dit deur die Voorsitter en Sekretaris onderteken word.

7.1.7Huislede wat mosies onder punt (v) van die agenda wil laat dien, moet sodanige mosies in die geval van Grondwetmosies 48 uur voor die vergadering by die Sekretaris indien, en in die geval van ander skriftelike mosies, tot voor die aanvang van die vergadering.

7.1.8Ten einde 'n mosie ter wysiging van die Grondwet en Reglement goedgekeur te kry, moet 2/3 van die stemgeregtigde Huislede ten gunste daarvan stem.

7.1.9Die wyse van stemming berus by die Voorsitter en kan by wyse van geslote of ope stemming geskied.

7.2Buitengewone Huisvergaderings:

7.2.1'n Buitengewone Huisvergadering is 'n behoorlike gekonstitueerde Huisvergadering wat om een van die volgende redes belê word:

(a)wanneer die Huiskomitee dit nodig ag;

(b)'n gevalle waar daar in die Grondwet voorsiening gemaak word vir spesiale vergaderings;

(c)op skriftelike versoek van ten minste 1/3 van die stemgeregtigde Huislede.

7.2.2Kennisgewing van 'n Buitengewone Huisvergadering moet ten minste 48 uur voor die aanvang van die vergadering geskied.

7.2.3Indien 'n skriftelike versoek vir 'n Buitengewone Huisvergadering ingedien word, moet so 'n vergadering binne vyf weeksdae belê word.

7.2.4Die agenda vir 'n Buitengewone Huisvergadering word deur die Onder-primarius in oorleg met die Primarius opgestel.

7.2.5Reëlings ten opsigte van gewone Huisvergaderings geld ook ten opsigte van Buitengewone Huisvergaderings.

7.3Jaarlikse Huisvergadering:

7.3.1Die Jaarlikse Huisvergadering vind plaas na die aanvang van die vierde kwartaal.

7.3.2Kennisgewing vind plaas soos vir 'n gewone Huisvergadering.

7.3.3 Die agenda vir die vergadering bevat onder andere die volgende punte:

(a)Konstituering, opening en verwelkoming;

(b)Lees van die Notule;

(c)Sake uit die Notule;

(d)Verslag van die Teskommissie;

(e)Jaarverslag van die uittredende Primarius;

(f)Oorhandiging van die Presidentskap en Voorsitters-stoel aan die nuwe Primarius;

(g)Formele Mosies, Grondwet- en ander skriftelike mosies;

(h)Informele Mosies/Varia en vrae;

(i)Afsluiting;

(j)Huislied

(k)Verdaging;

(l)Ondertekening van presensielyste

7.3.4Reëlings ten opsigte van gewone Huisvergaderings geld ook ten opsigte van die Jaarlikse Huisvergadering.

7.4Vergaderingsprosedure:

Vergaderingsprosedure vir alle Huisvergaderings is soos bepaal in die Reglement.

Artikel 8.

Vaste en Spesiale Komitees

8.1 Algemeen:

8.1.1Elke vaste en Spesiale Komitee wat in die Republiek van Helderberg aangestel, saamgestel of verkies word, is vir hulle doen en late verantwoordelik en onderworpe aan die gesag van die Huis en die Huisvergadering in die algemeen en die Huiskomitee as verkose ampsdraers in die besonder.

8.1.2Die aanstelling van elke komitee is onderworpe aan die goedkeuring van die Huiskomitee.

8.1.3Sodanige komitees het slegs die reg om transaksies in die naam van die Huis aan te gaan indien sodanige transaksie deur beide die Primarius en die tesourier mede-onderteken is, in welke gevalle die Huis aan sodanige transaksies gebonde is.

8.1.4Alleen huislede kwalifiseer vir sodanige komitees, tensy uitdruklik toestemming deur die Huiskomitee verleen is.

8.1.5Komitees wat aanspraak wil maak op 'n Huiskassubsidie, moet so 'n aansoek, vergesel van 'n begroting, aan die Tesourier oorhandig aan die begin van die boekjaar. Daar mag van hierdie bepaling afgewyk word slegs met die uitdruklike toestemming van beide die Primarius en die Tesourier.

8.2Vaste Komitees:

8.2.1Die Juniorkomitee

(a)Die Tweedejaarskomitee word kragtens Grondwetartikel 5.5.2 (c) (ii) onder leiding van die Onder- Primarius uit die Eerstejaarsgroep van die jaar gekies.

(b)Die verkiesing geskied deur middel van behoorlik genommineerde kandidate en 'n geslote verkiesing.

(c)Die Tweedejaarskomitee bestaan uit soveel persone soos wat die Oner-Primarius voor die verkiesing as geskik sien, met ‘n minimum van 6 lede. Die lede wat verkies word is daardie kandidate wat die meeste stemme op hulle verenig het. Die komitee kies onder mekaar op afsonderlike verkiesing en onder toesig van die Onder-Primarius hul eie voorsitter.

(d)Die onder-primarius tree as skakelpersoon tussen die Tweedejaarskomitee en die Huiskomitee op.

(e)Die Juniorkomitee is verantwoordelik vir die algemene ontspanningsreëlings in die Huis. Die volgende tel onder hulle verantwoordelikhede:

(i)Die reël van ten minste een sosiale geleentheid vir die Huis se ontspanning, en verlede soortgelyke geleenthede vir die Tweedejaarsgroep in die besonder;

(ii)Die Huis se inskrywing vir die Joolstalletjie-kompetisie, in oorleg met die Joolkomitee;

8.2.2Die OMK

(a)Die OMK is ‘n privaatvereniging in die koshuis en is onderhewig aan hierdie Grondwet, maar word nie hierdeur andersins

gereël nie.

(b)Die OMK word jaarliks die geleentheid gegee om pryse uit te deel tydens Hanedinee.

(c)Ook het hulle ‘n rol te speel in Prim, o/prim en HK-sirkusse (art. 5.3.3(b)).

8.2.3Die Raadgewers

(a)Die Raadgewers is verantwoordelik vir die toesien na die akademiese sukses van alle inwoners, veral die eerstejaarstudente. Hulle vergader twee-weekliks.

(b)Die HK-lid in beheer van akademie, is in beheer van hierdie komitee en sien ook toe dat die komitee sy onderskeie pligte nakom.

(c)Die Raadgewers word, nadat aansoeke gedoen is, deur die Primarius aangestel sodat ‘n groep met ‘n so groot as moontlike verskeidenheid van kursusse gekies word, en wat ook redelike akademiese sukses behaal.

8.3Spesiale Komitees:

8.3.1Spesiale komitees is komitees wat deur 'n Huiskomiteelid aangestel word om hom te help in die uitvoering van sy portefeuljepligte. Voorbeelde van sulke komitees is die Joolkomitee, Jack Wellskomitee en republiekfeeskomitee.

8.3.2Alle spesiale komitees of die betrokke HK-lid is verplig om 'n begroting an die begin van die boekjaar by die Tesourier in te dien indien 'n subsidie deur die Huiskas verlang word. Spesiale komitees is egter grootliks vir hulle fondse op eie inisiatief aangewese.

8.3.3Die Primarius en Onder-Primarius het ex officio sittingsreg, sonder stemreg, op spesiale komitees.

8.4Buitengewone Komitees:

8.4.1Die Buitengewone komitee is 'n komitee wat of deur die Huis, of deur die Huiskomitee aangestel word om 'n bepaalde aangeleentheid te ondersoek of te organiseer. Voorbeelde van 'n Buitengewone komitee is die stembuskomitee of die Grondwetkomitee.

8.4.2'n Buitengewone komitee het 'n beperkte lewensduur en funksioneer slegs totdat die betrokke aangeleentheid afgehandel is.

8.4.3Die Primarius en die Onder-Primarius het ex officio sittingsreg, sonder stemreg, op Buitengewone Komitees.

Artikel 9

Tugmatreëls

'n Tugkomitee word aangestel om Tugmaatreëls namens die Huis toe te pas.

9.1Naam: Tugkomitee van die Republiek van Helderberg.

9.2Doel: Hierdie komitee het ten doel om as tuginstansie op te tree teenoor Huislede wat hul skuldig maak aan die

oortreding van die reëls van die Universiteit en die bepalings van hierdie grondwet en Reglemente.

9.3 Duur van aanstelling: Die Primarius stel homself of ‘n HK-lid aan wat dien as sameroeper vir die Tugkomitee, wat aangestel word vir die duur van die Huiskomiteetermyn.

9.4 Samestelling: Primarius - ex officio

Huiskomitee - 2 lede

Twee senior huislede benoem deur die OMK

Inwonende Hoof - ex officio

9.4.1 ‘n Voorvereiste is egter dat enige van die lede betrokke ‘n redelike kennis in die regte het en daar ook nie kworum sonder hierdie lid kan wees nie, ongeag die bepalings van art. 9.5.2. Dit is verkieslik dat dit ook dan een van die studente moet wees wat oor hierdie kennis beskik, aangesien die inwonende hoof in praktyk slegs vir ernstiger oortredings die verhoor sal kan bywoon.

9.5Modus Operandi:

9.5.1Hierdie komitee vergader na gelang van behoeftes;

9.5.2Vier (4) lede sal 'n kworum vorm;

9.5.3Die vergaderings van die komitee word vertroulik geag, behalwe vir sodanige inligting wat die komitee nodig ag om amptelik aan die Huis oor te dra;

9.5.4'n Meerderheidstem sal die standpunt van die komitee bepaal. Die Voorsitter het 'n beslissende stem;

9.5.5Aanklag: Enige Huislid kan 'n klag by die Tugkomiteelid aanhandig maak, waarna die lid die saak na die

Voorsitter verwys. Enige HK-lid kan ook ‘n huislid outomaties aankla waarna die aangeklaagde

ook deur die Voorsitter of die betrokke HK-lid van die aanklag ingelig moet word, indien dit nie reeds geskied het nie.

Verskyning: Die aangeklaagde sal voor die komitee verskyn op 'n datum en tyd soos deur die Voorsitter bepaal, met kennis van ten minste 1 week. Die Voorsitter het ook ‘n diskresie om die kennisgewingstydperk te verkort, indien hy dit redelikerwys nodig ag, en ‘n tyd dan daar stel wat redelik sal wees onder die omstandighede. Na gelang van elke feitegeval moet die Tugkomitee die aangeklaagde se saak beskou en die aangeklaagde is onskuldig tot skuldig bewys.

Vraagstelling: Die komitee kry geleentheid om die aangeklaagde te ondervra ten einde duidelikheid ten opsigte van die situasie te verkry.

Versagtende/verswarende omstandighede: Beide die komitee en die aangeklaagde kan versagtende/verswarende omstandighede aanvoer.

Getuies: Die komitee behou hom die reg voor om enige Huislid te daag om getuienis voor die komitee af te lê. Die komitee mag ook getuienis vanuit die komitee self aanhoor.

Appèl: Die aangeklaagde kan appel tot die komitee aanteken, waarna die komitee op meriete kan besluit om ‘n saak te her-ondersoek. Appèl kan ook na die Huis of die Universiteit aangeteken word. So ‘n appèl sal as skriftelike mosie geld wat by ‘n buitengewone Huisvergadering hanteer sal word.

Skuldbevinding: Indien die komitee van mening is dat die persoon nie na oortuiging sy onskuld kan bewys nie, moet die komitee 'n skuldbevinding uitspreek. Die aangeklaagde moet teenwoordig wees.

9.6Strafmaatreëls: Die komitee kan, na gelang van die omstandighede, een of meer van die volgende maatreëls op 'n huislid van toepassing maak:

9.6.1Waarskuwings en/of aanmanings;

9.6.2Skadevergoeding

9.6.3Boetes tot ''n maksimum bedrag beperk soos deur deur die Universiteitsreëls bepaal per skuldigbevinding.

9.6.4Skorsing - Die Tugkomitee kan via die Huiskomitee in oorleg met die Universiteit besluit dat 'n huislid se losies opgeskort word, met verlies van status en voorregte van 'n Huislid.

9.7Appèl: 'n Huislid wat ongelukkig is oor die uitspraak by 'n tugsaak, kan een van die volgende hiërargiese wyses van appel volg:

9.7.1Appèl en die vorm van 'n versoek om 'n herondersoek deur die Tugkomitee;

9.7.2Appèl na die Huis in die vorm van 'n petisie om 'n Buitengewone Huisvergadering, behoudens die bepalings van Grondwetartikel 7.2

9.7.3Appèl na die Universiteit - Kennis van appèl moet aan die Primarius gegee word.

9.8Skuldigbevindings word in die Tugregister opgeteken.

Artikel 10

Huislied, Huiskleure en Huiskentekens:

10.1Die Huislied:

10.1.1Die amptelike Huislied, die Helderberg Huislied, lui soos volg: “The Helderbergs are happy

and the Helderbergs are free; They never, never quarrel and they never disagree. They're always always sober

and they're always on the spree; For the motto of the Helderbergs is: 'Come and drink with me.'

All the Helderbergs are happy all the Helderbergs are free all the Helderbergs are happy

for the motto of the Helderbergs is: 'Come and drink with me!'.

Hey boys, put one down ...

HEL .... DERBERG"

10.1.2Hierdie Huislied word deur die Grondwet beskerm.

10.1.3Elke Huislid behoort die Huislied te kan sing en dit is die verantwoordelikheid van die Huiskomitee om die Huislied vir die Eerstejaars aan te leer voor die aankoms van die Senior en Junior Huis.

10.2Huiskleure:

10.2.1Die Helderberg-wapen

(a)Die Huiswapen bestaan geheel en al uit die amptelike kleure swart en wit en is verdeel in vier kwartiere.

(b)Op die onderste linker- en boonste regterkwartier verskyn 'n wit kasteel op 'n swart agtergrond. Dit stel die ou en nuwe geboue van die Huis voor. Terselfdertyd simboliseer dit ‘n sterk, onoorwinbare vesting.

(c)Op die onderste regterkwartier verskyn 'n afbeelding van die Berghaan. Hierdie tipe arend het voorgekom in die Helderberg en simboliseer adelikheid, krag en wysheid.

(d)Die boonste linkerkwartier is 'n simbloliese voorstelling van die tuiskoms van die soldate na die Tweede Wêreldoorlog. Aand die linkerkant verskyn die hand van die teruggekeerde soldaat en regs word hy verwelkom deur die Stellenboschse student.

(e)Die middelste skuld bestaan uit die letters US (Universiteit van Stellenbosch), wat die sentrale embleem vorm.

10.2.2Die Helderberg-Baadjie en -das

(a)Die Helderberg-Wapen op ‘n baadjie mag alleen by 'n swart baadjie gedra word;

(b)Alleenlik Huislede en oud-Huislede van Helderberg is geregtig op die dra van Helderberg-kleure;

(c)Helderberg-kleure mag nie sonder die toestemming van die Huiskomitee verhandel of verkoop word nie en die Huiskomitee mag alleen sy toestemming gee indien dit in belang van die Huis is om dit te doen.

(d)Die Huiskomitee het die reg om met gegronde rede enige persoon die reg te weier om die Huiskleure te dra, asook sodanige gegewe reg in te trek. In die geval van intrekking soos hierbo bepaal, is die Huiskomitee nie verplig om eninge vergoeding aan die persoon toe te staan nie.

10.3Die Helderberg-Vlag:

Die amptelike Huisvlag word as 'n kenteken van die Huis beskou en word deur hierdie grondwet beskerm. Die vlag bestaan uit vier swart hoeke met ‘n wit kruis wat deur die lengte en breedte van die vlag strek. Die kruis het rooi buitelyne, met die swart Helderberg wapen in die middel.

10.4Huiskentekens:

10.4.1Die Berghaan

'n Afbeelding van die Berghaan, 'n tipe van arend wat bykans uitsluitlik in die Helderberg voorkom, word as 'n kenteken van die His gereken en beskerm.

10.4.2 Die HB-simbool

Die HB-simbool word as 'n kenteken van die Huis beskou en as sodanig beskerm.

Artikel 11

Eretoekennings, Erkenningsertifikate, Bekers en Ander Toekennings

11.1Alle toekennings word tydens die jaarlikse Hanedinee in Oktober van 'n betrokke jaar gedoen.

11.2Helderberg Eretoekennings:

(a)Die Helderberg Eretoekenning is die hoogste erkenning wat deur die Huis aan 'n persoon gegee kan word.

(b)'n Komitee wat bestaan uit die Primarius, Onder-Primarius, die HK-lid verantwoordelik vir Hanedinee en die Inwonende Hoof, bepaal na voorstelle uit die Huis aan wie Eretoekennings gedoen word.

(c)Eretoekennings word in een of meer van die volgende kategorie gedoen:

(I)Akademiese prestasie

(ii)Sportprestasie

(iii)Uitstaande diens aan die Huis

(iv)Kultuur

11.3Helderberg Erkenningsertifikate word ook oorhandig aan elke Huislid wat vier jaar of langer in die Huis gewoon het en wat die Huis verlaat.

Artikel 12

Algemeen

12.1'n Reglement word opgestel om reëls vir die bestuur verder uit te bou. die Reglement is bindend maar in geval van botsing tussen die Reglement en die Grondwet, geniet die Grondwet voorkeur. Die Grondwet en die reglement is onderworpe aan die Universiteitsregulasies en in geval van 'n verskil is laasgenoemde gesaghebbend.

12.2Afwyking van die bepalings van die Grondwet of Reglement kan alleen geskied indien 'n behoorlik gekonstitueerde Huisvergadering eenparig toestem dat dit gedoen kan word.

Artikel 13

Wysiging van die Grondwet en Reglement

13.1Wysigings van die Grondwet vir die Republiek van Helderberg geskied kragtens 'n twee-derde- meerderheidsaanvaarding van 'n mosie te dien effekte, op 'n behoorlik gekonstitueerde Huisvergadering waarvan daar behoorlike kennisgewing gegee is, in terme van Grondwetartikel 7.

13.2Wysigings van die Reglement kan met 'n blote meerderheid op 'n behoorlik gekonstitueerde Huisvergadering aangebring word.

REGLEMENT VIR DIE REPUBLIEK

Reglement 1: Stiltetye

Reglement 2: Dienstye

Reglement 3: Eetsaal en aanverwante sake

Reglement 4: Kennisgewingborde

Reglement 5: Jack Wells Sportlokaal

Reglement 6: Motors en Motorfietse

Reglement 7: Kamers

Reglement 8: Die Televisielokaal

Reglement 9: Die Eersterivier Plesierskuur

Reglement 10: Beskadiging van koshuis- en Universiteitseiendom

Reglement 11: Finansies

Reglement 12: Vergaderingsprosedure

Reglement 1

Stiltetye:

1.1Dit is die plig van die Huiskomitee om toe te sien dat dit vir elke inwoner te alle tye moontlik is om in die Huis te studeer.

1.2Absolute stilte sal na die volgende tye gehandhaaf word:

Maandag, Dinsdae en Donderdae: 22:00
Woensdae en Saterdae: 23:00
Vrydae: 24:00
Sondae: ‘n Stil en rustige atmosfeer moet heers vir die hele dag.

Reglement 2

Dienste

2.1Die Huiskomitee wys Eerstejaars aan om verantwoordelikheid vir seker dienste te aanvaar.

2.2‘n Eerstejaar word aangestel om die pos elke weeksdag te sorteer. Hy mag vir hom ‘n komitee saamstel om hom met hierdie werk te help.

2.3Alle Eerstejaars doen telefoon- en hekdiens volgens 'n rooster wat deur die Huiskomitee opgestel is. Van Maandag tot Donderdag sal twee Eerstejaars in die telefoonkamer diens doen vanaf 19:00 tot 23:00. Die tye vir Vrydae tot Sondae is 19:00 tot 22:00.

2.4Eerstejaars tree ook ‘n halfuur voor die aanvang van ‘n huisvergadering by die eetsaal aan om te help om die eetsaal in gereedheid te bring vir die vergadering.

2.5 Die versuiming van dienste kan deur eninge Huiskomiteelid met R50.00 per geleentheid beboet word. Na drie oortredings word die betrokke Eerstejaar sonder meer voor die Tugkomitee gedaag.

Reglement 3

Eetsaal en aanverwante sake

3.1 Persone wat nie bespreek het nie sal alleen toegelaat word om te eet indien al die bespreekte etes reeds geneem is, en dan wel teen

dubbel die koste van die betrokke ete.

3.2Geen persoon mag die eetsaal sonder skoeisel binnekom nie. Plakkies word as skoeisel gereken.

3.3Van Huislede word verwag om te alle tye hoflik op te tree teenoor beide die matrone en die personeel.

3.4Geen ete- of tafelgerei mag uit die eetsaal verwyder word nie, behalwe in die geval van etes wat vir 'n ongestelde Huislid geneem word. Die eetgerei moet dadelik weer terugbesorg word.

Reglement 4

Kennisgewingsborde:

4.1Alle kennisgewings mag in die koshuis opgesit word binne die perke van redelikheid. Enige Huiskomiteelid mag egter enige kennisgewings teen enige tyd verwyder.

4.2Die kennisgewingbord net regs van die eetsaaldeure word gereserveer vir amptelike Huiskomitee-gebruik.

4.3Geen politieke slagspreuke, vlugskrifte of betoë mag op die kennisgewingborde verskyn nie. Alleen plakkate wat inligting verskaf omtrent politieke vergaderings en sprekers sal aanvaar word met dien verstande dat dit wel deur 'n Huiskomiteelid se toestemming aangebring is.

4.4Alleen die Huiskomitee mag kennisgewing vanaf die borde verwyder en enige Huislid wat homself hieraan skuldig maak of 'n kennisgewing op die borde beskadig, stel homself bloot aan tugmatreëls.

Reglement 5

Jack Wells Sportlokaal

5.1Gebruik

5.1.1Die Lokaal word uitsluitlik gebruik vir onthale, waarvan ‘n gereelde een Vrydae-aande soos deur die Huiskomitee vooraf bepaal na Rugbywedstryde. Hierdie lokaal word NIE as TV-lokaal gebruik NIE! By

geleenthede wat wel gehou word, sal drank bedien word met die toestemming van die Huiskomitee, maar die verkope van drank mag nie later as 24:00 plaasvind nie, soos bepaal deur die dranklisensie.

5.1.2Ander bone fide onthale mag slegs gehou word met die goedkeuring van die Huiskomitee in oorleg met die Inwonende Hoof.

5.1.3Besoekers word toegelaat wanneer vergesel van 'n klublid of ingeskrewe ondersteuner. Besoekers is onderworpe aan die reëls en reglemente van die sprotlokaal en die koshuis.

5.2Drankgebruik

5.2.1Alkoholiese drank sal deur die betrokke klub voorsien word tydens byeenkomste soos vermeld in 5.1.1.

5.2.2Geen alkoholiese drank mag uit die lokaal geneem word nie en individue of groepe mag ook nie eie drank die lokaal in neem nie.

5.3Verantwoordelikheid en Beheer

5.3.1By die gebruik van die lokaal het die spesifieke klub die verantwoordelikheid om toe te sien dat die lokaal skoon is na afloop van die byeenkoms.

5.3.2Die klub het ook die verantwoordelikheid ten opsigte van die lokaal met sy inhoud.

5.3.3Skade, verliese of defekte moet onverwyld aan die Huiskomiteelid belas met die beheer van die Jack Wells, of die Primarius, gerapporteer word.

Reglement 6

Motors en fietse

6.1Alle motorvoertuie wat op die gronde geparkeer word, moet by die Afdeling Kampusbeheer geregistreer wees.

6.2Daar mag alleen op afgebakende parkeerplekke parkeer word en dan slegs op die parkeerplek wat aan die betrokke persoon toegeken word.

6.3Motorfietse mag alleen op die afgebakende plekke parkeer en mag onder geen omstandighede in die geboue ingebring word nie.

6.4Fietse mag alleen op so 'n wyse gestoor word dat dit nie die weg van die Huislede versper of bemoeilik nie. Geen fietse mag dus op die trappe of in die geboue gestoor word nie, slegs in inwoners se kamers.

6.5'n Redelike spoed moet op die terrein gehandhaaf word en van bestuurders word verwag om te alle tye versigtig te wees, veral met die oog op voetgangers. Geen ge”spin” van motors se bande sal toegelaat word nie.

Reglement 7

Kamers

7.1 Kamerindelings word deur die Primarius gedoen, in die geval van seniors en juniors in oorleg met die Huiskomitee, en in die geval van eerstejaars in oorleg met die Inwonende Hoof.

7.2 Seniors en Juniors kry aan die einde van die akademiese jaar geleentheid om aansoek te doen vir 'n kamer van hulle keuse vir die volgende jaar. Hierdie aansoek geskied string volgens 'n puntestelsel.

7.2.1Persone wat saam aansoek doen is verplig om aanstaande jaar saam te gaan, aangesien hulle punte saam bereken word by die toekenning van 'n kamer;

7.2.2Aansoeker is onderworpe aan diskwalifisering indien onregmatighede in die aansoek vasgestel word.

7.2.3Die aansoeker met die meeste punte verwerf die kamer van hul keuse;

7.3Geen Huislid mag van kamer verander sonder dat die Primarius daarin geken is nie.

7.4Elke inwoner is verantwoordelik vir die netheid en inhoud van sy kamer volgens die inventaris.

7.5Enige skade moet so gou moontlik aan die betrokke Huiskomiteelid gerapporteer word.

7.6Die inwoners sal die voorwaarde waaronder die kamers deur die Universiteit verhuur word, soos vervat in die Jaarboek, behoorlik nakom.

Reglement 8

Die Televisielokaal

8.1Die Jack Wells mag nie as televisielokaal gebruik word nie. Die televisielokaal is hiervoor beskikbaar langs die eetsaal.

8.2Die televisie mag nooit so hard wees dat dit steurend inwerk op ander Huislede nie en eksamentyd kan die Huiskomitee addisionele reëlings tref wat streng nagekom moet word.

8.3In die geval van 'n meningsverskil ten opsigte van na watter kanaal gekyk sal word, sal die meerderheidsgevoel voorkeur kry.

8.4Die Televisie-kanale kry voorkeur bo die gebruik van die video-masjien.

8.5Die instandhuiding van die Televisie en videomasjien is die verantwoordelikheid van die Huiskomitee.

8.6Geen alkoholiese dranke mag voor die Televisie gebruik word nie, behalwe in die geval van 'n nasionale of provinsiale sportwedstryd.

Reglement 9

Die Eersterivier Plesierskuur

9.1Die Plesierskuur is alleen beskikbaar vir gebruik deur Huislede en hul bona-fide gaste.

9.2Die beskadiging en/of verwydering van enige plantegroei, apparaat en meubelment is ten strengste verbode.

9.3Die Huislid(-lede) teenwoordig is verantwoordelik vir algemene ordentlikheid, welvoeglikheid en die handhawing van redelike stilte, veral na 24:00.

9.4Die Huislid(-lede) teenwoordig is verantwoordelik daarvoor om die terrein op te ruim en in 'n netjiese toestand te laat.

9.5Die Plesierskuur kan vir 'n bepaalde datum bespreek word met dien verstande dat:

9.5.1'n Huiskomiteelid moet 'n kennisgewing onderteken wat dan op die kennisgewingbord by die eetsaal gesit word;

9.5.2Die volgende op die kennisgewing verskyn: datum van geleentheid, aantal persone, van hoe laat tot hoe laat.

Reglement 10

Beskadiging van Koshuis- en Universiteitseiendom

Enige beskadiging van en aan Koshuis- en Universiteitseiendom sal aan die Huiskomitee geraporteer word, wat dan sal toesien dat die betrokke persoon of skuldige tot verantwoording geroep word.

Reglement 11

Boetes

11.1Die maksimum boete wat deur die Tugkomitee opgelê mag word is R500,00 per skuldigbevinding.

11.2Die maksimum boete word deur 'n Huiskomiteelid aan 'n Eerstejaar wat diens vesuim opgelê mag word, is R50,00 per oortreding.

11.3Die maksimum boete vir ‘n parkeringsoortreding is R50,00

Reglement 12

Vergaderingsprosedure

12.1 Die verloop van die Huisvergadering:

12.1.1 Opening en verwelkoming

Die voorsitter konstitueer die vergadering sodra die Sekretaris hom inlig dat daar 'n kworum van stemgeregtigde lede teenwoordig is. Hierna open hy die vergadering en vaardig iemand af om gebed te doen. Na die gebed kan die Voorsitter die Huislede welkom heet en enige ordereëlings of inligting wat hy nodig ag, onder hulle aandag bring.

12.1.2 Die Agenda

Die voorsitter moet die Agenda aan die vergadering voorhou sodat elke lid ingelig kan wees omtrent die verloop.

12.1.3Die Notule

(a)Die Voorsitter lees nou die notule van die vorige Gewonde Huisvergadering, asook die notules van alle Buitengewone Huisvergaderings wat sedertdien plaasgevind het.

(b)Dit staan enige stemgeregtigde lid vry om voor te stel dat die notule(s) as gelees aanvaar word. Indien die Voorsitter egter oordeel dat dit noodsaaklik is dat die notule wel gelees word, kan hy die vergadering daaromtrent inlig, waarop die notule(s) wel gelees sal word.

(c)Indien die notule wel gelees word, sal die voorsitter vra of die notule as 'n korrekte weergawe van die betrokke vergadering aanvaar kan word. Indien daar geen onmiddelike beswaar is nie, word die notule so aanvaar. Indien 'n lid egter voel dat daar 'n onjuistheid in die notule is, kan hy voorstel dat die notule also gewysig word. Na debatering sal die wysiging aangebring word indien die meerderheid van die vergadering daarmee een is.

(d)Hierna moet die Voorsitter en Sekretaris dit onderteken.

12.1.4Sake uit die Notule:

Die stemgetegtigde lede kry geleentheid om navraag te doen na die uitvoering van die besluite en opdragte van die vorige vergadering.

12.1.5 Grondwet- en skriftelike mosies:

Hier word mosies bespreek wat ingedien is volgens Grondwetartikel 7.1.7.

12.1.6 Varia en vrae:

Hier word die vergadering die geleentheid gegee om enige ander mosies voor te stel, te bespreek en daarvoor te stem.

12.2.1Enige stemgeregtigde Huislid mag kragtens Grondwetartikel 7 'n mosie voorstel, aan bespreking deelneem en daaroor stem.

12.2.2Persone wat 'n mosie wil voorstel, gee sodanige kennis aan die Sekretaris wat 'n kortlys hou. Die Voorsitter werk streng volgens hierdie kortlys. Indien daar geen name op die lys oor is nie, kan die Voorsitter om voorstelle vra.

12.2.2 Aanspreekvorme: 'n Lid wat 'n mosie of voorstel wil laat dien, staan op en spreek die Voorsitterstoel aan. Te alle tye moet die nodige respek vir die stoel gehandhaaf word. Tydens bespreking spreek lede mekaar nie direk aan nie, maar deur die Voorsitter.

12.2.4Die Voorsitter stel (dit wil sê herhaal) die mosie sodat elke lid teenwoordig duidelikheid het oor die mosie, en stel dan die vloer oop vir die bespreking van die mosie.

12.2.5Mosies en die rangorde daarvan:

Die volgende tipe mosies mag voorgestel word, in 'n opgaande rangorde. (Sien tabel).

Interpretasie van tabel: voorbeeld = 'n Mosie word voorgestel (hoofmosie) waarop 2 amendamente voorgestel word. 'n Lid teken beswaar aan teen die tweede amendament naamlik dat dit teen die Grondwet is (punt van orde). Die voorsitter wys dit van die hand, waarna appèl aangeteken word teen sy beslissing. Deurdat nie konssensus bereik kan word nie, stel 'n ander lid 'n afstapmosie voor, wat aanvaar word met 'n gewone meerderheid nadat dit bespreek is. Die mosie verval.

12.2.6Spreukbeurte:

(a)Elke lid het slegs een spreekbeurt vir elke mosie en elke amendament, tensy die vergadering meer spreekbeurte toeken.

(b)Die voorsteller van 'n hoofmosie mag versoek om op 'n gedebatteerde mosie repliek te lewer, met dien verstande dat hy in sy repliek slegs op die bespreking antwoord en geen nuwe aspekte van bespreking na vore bring nie.

(c)Die voorsteller van 'n amendament mag nie repliek lewer nie, tensy met die toestemming van die Voorsitter.

12.2.7Duur van toesprake

(a)Geen lid mag langer as vyf minute oor enige mosie of amendament praat nie, tensy die vergadering 'n beperking of verlenging op die duur van spreekbeurte goedkeur.

(b)Die voorsteller van 'n hoofmosie of enige amendament mag egter vir tien minute oor die mosie of amendament praat.

12.2.8Rangorde van sprekers

Indien twee of meer lede opstaan om 'n spreekbeurt aan te vra, beslis die voorsitter in watter volgorde die sprekers mag praat.

12.2.9 Toepaslikheid van besprekings

'n Lid wat aan die woord is, moet sy bespreking beperk tot die saak wat aandag geniet of tot 'n verduideliking of 'n punt van orde.

12.2.10Vrae en antwoorde

(a)Nadat enige mosie voorgestel en gesekondeer is, of na afloop van enige spreekbeurt daaroor, mag 'n lid 'n vraag wat direk betrekking het op die mosie of amendament stel.

(b)Indien 'n vraag tydens 'n lid se spreekbeurt gestel word, mag die lid beslis of hy die vraag op daardie stadium wil toelaat.

(c)Slegs die lid wat die oorspronklike vraag gestel het, mag verdere vrae stel en dan slegs na aanleiding van sake wat uit die antwoord op oorspronklike vraag voortvloei.

(d)Die voorsitter mag sulke vrae nie weier nie, tensy die vraag 'n oortreding van een van die ander reëls van die reglement behels.

12.2.11Punte van orde en persoonlike uitleg

(a)'n Lid mag, of hy aan die bespreking deelgeneem het of nie, te enige tyd opstaan om 'n punt van orde te opper of om 'n persoonlike uitleg aan te bied, met dien verstande dat die persoonlike uitleg beperk is tot wesenlike aspek van sy spreekbeurt wat moontlik misverstaan is.

(b)'n Lid mag 'n spreker wat aan die woord is, onderbreek om 'n punt van orde te stel of 'n persoonlike uitleg te gee.

12.2.12Terugtrekking van mosies en amendamente

(a)'n Mosie wat nog nie deur die voorsitter aan die vergadering gestel is nie, mag deur die voorsteller teruggetrek word.

(b)Nadat 'n mosie deur die voorsitter gestel is, of indien daar kennis van ''n mosie gegee is, mag dit met die goedkeuring van die sekondant sowel as die vergadering teruggetrek word.

(c)Nadat die terugtrekking van 'n mosie of amendament goedgekeur is, mag geen lid daaroor praat nie.

12.2.13Voorsitter se beslissing op punte van orde

Die voorsitter se beslissing op die toelaatbaarheid van 'n punt van orde of 'n saak van persoonlike uitleg is finaal en nie debatteerbaar nie, tensy die voorsitter verkies om die toelaatbaarheid daarvan aan die beslissing van die vergadering oor te laat.

12.2.14 Stemming

(a)Stemming geskied by wyse van opsteek van hande, behalwe in die geval van ‘n appèlstemming teen ‘n Tugkomiteevonnis, in welke geval die Voorsitter kan besluit dat stemming per geslote stembrief kan geskied.

(b)Onmiddelik na die aankondiging van ‘n uitslag van die stemming mag enige lid vra dat ‘n herstemming gehou word.

(c)‘n Herstemming kan per opsteek van hande of ‘n geheime stemming wees, tensy die lid spesifiek versoek watter metode gebruik moet word.

(d)Nadat ‘n herstemming aangevra is en enige lede wat nie in die vertrek was tydens die oorspronlike stemming nie die geleentheid gehad het om terug te keer, word geen lid toegelaat om die vertrek binne te kom of te verlaat tydens die herstemming nie.

(e)As ’n herstemming gehou word, moet dit as sodanig saam met die uitslag van die herstemming genotuleer word.

12.2.15Notulering van besware

(a)‘n Lid wat aan die verloorkant van ‘n mosie wat aanvaar is, gestem het, mag onmiddellik na die aankondiging van die uitslag versoek dat genotuleer word dat hy beswaar aanteken teen die besluit wat deur die vergadering geneem is.

(b)‘n Beswaar wat ‘n slegte lig werp op die lede van die vergadering of wat enige motiewe van die vergadering of enige van sy lede impliseer, mag nie genotuleer word nie.

(c)Indien die meerderheid van die lede beslis dat die beswaar wel so ‘n implikasie bevat, word dit nie genotuleer nie, tensy die lid at beswaar aanteken, die onbehoorlike mening terugtrek.

12.2.16Heroorweging en herroeping van besluite

(a)‘n Lid wat aan die wenkant gestem het, kan voorstel dat ‘n besluit wat tydens die vergadering geneem is, heroorweeg word, mits die besluit nie reeds in sy geheel of gedeeltelik ten uitvoer gebring is nie.

(b)Geen mosie wat in stryd met ‘n bestaande besluit is mag aanvaar word nie, tensy die bestaande besluit vir heroorweging of herroeping voorgelê word.

12.2.17Herindiening van mosies

(a)‘n Mosie wat deur die vergadering verwerp is, kan slegs onder voorwaardes genoem in 12.2.16 by dieselfde vergadering weer ter sprake kom.

(b)Hoofmosies wat verwerp is, kan slegs met die toestemming van die meerderheid van lede by die volgende vergadering opnuut ingedien word.

12.2.18Orde tydens vergadering

(a)Enige nie-lid wat by ‘n vergadering teenwoordig is en wat hom skuldig maak aan wangedrag of die verrigtinge op enige wyse onderbreek mag op die voorsitter se aanwysing versoek word om die vergadering te verlaat of, indien nodig, daarvandaan verwyder word.

(b)Enige lid wat hom skuldig maak aan wangedrag, wat die verrigtinge van die vergadering verhinder, gedurig die beslissings van die voorsitter in twyfel trek, weier om opmerkings, soos versoek, terug te trek wat onwelvoeglike taal gebruik of enige van die reëls oortree, word deur die voorsitter gedra om homself te gedra of, indien hy aan die woord is, om te gaan sit.

(c)Indien ‘n lid weier om gehoor te gee aan die opdrag van die voorsitter, word hy deur die voorsitter beveel om vir die ooblywende deel van die vergadering die vertrek te verlaat.

(d)Enige lid wat weier om aan die opdragte van die voorsitter gehoor te gee of wat sonder toestemming na die vergadering terugkeer of hom teensit wanneer hy uit die vergadering verwyder word, is onderhewig aan tugmatreëls soos in die grondwet uiteengesit.

(e)Geen drankgebruik word toegelaat deur die loop van die formele deel van die vergadering nie.

12.2.19Oortredings deur bestuurslede

(a)Enige bestuurslid, met inbegrip van die voorsitter, wat homself skuldig maak aan enige oortreding soos in 12.2.18 uiteengesit, wat versuim om sy pligte behoorlik na te kom, wat, in die geval van ‘n voorsitter, weier om geldige mosies toe te laat, spreekbeurte volgens meriete toe te ken, punte van orde ignoreer, lede hulle regte volgens die grondwet of hierdie reëls ontneem of in stryd met die besluite van die vergadering optree, is onderhewig aan ‘n mosie van sensuur of ‘n mosie van wantroue.

(b)‘n Mosie van sensuur of wantroue mag deur enige lid in ‘n vergadering agter geslote deure voorgestel word. Dit moet gesekondeer en deur ‘n meerderheidstem na bespreking aanvaar word om geldig te wees.

(c)‘n Bestuurslid, met inbegrip van ‘n voorsitter, teen wie ‘n mosie van sensuur aanvaar is, word beskou as gewaarsku te wees.

(d)‘n Bestuurslid, met inbegrip van ‘n voorsitter, teen wie ‘n mosie van wantroue aanvaar is, word beskou as uit sy amp onthef te wees.

 

Helderberg Borge