| Voornemende Studente |
|
|
'n Woord van Inwonende Hoof.Welkom by Helderberg se webblad! Die Republiek van Helderberg is een van die beste roetes wat Matieland aan ‘n student kan bied om ‘n suksesvolle akademiese, sosiale, sport- en kulturele reis tydens sy studentedae te hê. Helderberg het heart, guts & character:
My reis het begin op 9 April 1961 in Bellville. Na my matriek in 1978 by die Hoërskool President, Goodwood het ek die Stellenbosch reis aangepak en is sedert 1979 op Stellenbosch. Hier het ek die grade BA, Hons BA, BTh, MA almal cum laude behaal, klas gegee in Hebreeus en in 1993 die Universiteit se Internasionale Kantoor begin nadat ek vir ‘n jaar in Duitsland studeer het. Tans is ek die Direkteur van die Nagraadse & Internasionale Kantoor. My vrou, Annemaré, is senior lektor by Antieke Studie, en ons het twee dogters: Clara tweedejaar B Sc in Nerina en Hanna in Graad 9 by Bloemhof. Ons stap die pad graag saam met Helderberg! Elke Swarra se sukses hang van homself af. Die Helderberg-padkaart het daardie potensiaal.
Robert Kotzé |



