Squash
Squash Finals 2012 Print E-mail

So het die einde van die squash seisoen ook aangebreek die week.  Met 'n baie suksesvolle seisoen agter die rug het die squash span deurgedring na die finaal op Dinsdag 2 Oktober teen Majuba.

Met 'n baie harde semifinaal teen Pieke agter die rug was die finaal spelitjies teen Majuba.  Poodle, Helderberg nommer vier, het sy semifinaal in 'n harde wedstryd 3-0 verloor.  Daarna het Drikus Human, Helderberg nommer drie, 'n uitstekende terugveg poging gewys om van 2-0 agter terug te kom en die wedstryd 3-2 te wen met 'n uitstekende laaste drie potte.  Dit het vir Fibbo (Marc Rudolph), Helderberg nommer 2, gelos om ook sy wedstryd te wen om seker te kon maak dat ons sou kon deurdring na die finaal.  Hy het met 'n pragtige vertoning in 'n naelbyt wedstryd ook 3-2 gewen.  Laastens aan die beurt was Wian Louwrens, Helderberg nommer 1 en oud maties nommer 1.  Hy het sonder moeite sy wedstryd 3-0 gewen.

So het die finaal toe aangebreek.  Majuba se nommer vier speler kon eers later aansluit by die kragmeting.  Drikus was nou eerste aan die beurt.  Met weereens 'n pragtige vertoning het Drikus sy wedstryd 3-0 gewen en het "untouchable" gelyk.  Daarna het Fibbo dieselfde gedoen en met gemak ook 3-0 gewen.  Dit het nou net vir Wian oorgebly om te wen om seker te maak die beker kom Republiek toe.  Weereens soos in die semifinaal het dit gelyk of hy niks kon verkeerd doen nie en sy uitslag was ook 3-0.  Laaste aan die beurt was toe Poodle.  Hier in die finaal het hy seker gemaak dat hy regmaak wat verkeerd gegaan het in die semifinaal teen Pieke.  Met 'n effens harder wedstryd as die res kon hy ook 3-0 wen.

Dit het dan die squash ook op 'n hoogte punt afgesluit die jaar om skoonskip te wen in die finaal.  Ons wil net baie dankie sê aan almal wat die jaar bygedra het tot die squash se sukses.

 


Helderberg Borge