Rugby
Vierde kwartaal rugby Print E-mail

So het die koshuis rugby liga tot 'n einde van die seisoen gekom wat groep wedstryde betref.  Die eerste span het maar swaar getrek die jaar sonder al die ondervinding van laasjaar se ervare spelers wat nie meer in die koshuis is nie en verskeie ander spelers wat opgetrek is Maties toe.

Die eerstespan se laaste wedstryd vir die seisoen was teen Dagbreek en dit was ene vir die boeke.  Die Swarras het meeste van die wedstryd gedomineer maar was teen halftyd reeds 10-0 agter.  Dagbreek het van hulle kanse gebruik gemaak en elke keer punte aangeteken as hulle in die Swarras se 22 gekom het.  Net na halftyd het die losskakel van Dagbreek weer deurgebreuk en onder die pale gaan druk om die telling 17-0 te maak.

Daar het skielik 'n verandering in die span gekom toe 'n paar impak reserwes op die veld gekom het en die bal bietjie begin rondgooi het.  Muffin, vaskopstut, het gesorg vir lekker opwinding toe hy die lyn gebreuk het, net soos 'n senter kan, om die eerste drie te gaan druk.  Takuza het geslaag met die skop om die telling 17-7 vir Dagbreek te maak.

Minute later was dit weer Muffin wat oorgeduik het om die telling 17-14 te maak vir Dagbreek.  Met slegs minute oor in die wedstryd kon almal die spanning langs die veld voel, almal het geweet iets groots is aan die gebeur.

Read more...
 
Rugby skedule vir 2d Semester Print E-mail

Die 3d en 4d kwartaal is weer vol en besig wat rugby aanbetref.  Hier is die beskikbare 1st liga datums van rugby wedstryde vir die 2d semester van 2012.

27 Julie   Huis Visser

3 Aug     Majuba

17 Aug    Elsenburg

24 Aug    Wilgenhof

31 Aug    PSO Barbarians

20 Sept   Dagbreek

 
Helderberg loop in Sauer finals Print E-mail

Die week wat verby is was weer ‘n GROOT een vir Swarra rugby, met drie spanne in hul onderskeie finale van die Koshuisliga. Die Bushbears (4de’s) het op Dinsdag teen Simonsberg 4 te staan gekom. Dit was ‘n harde wedstryd, maar die Swarra gees het deurgekom en die Bushbears het 22-12 wenners uit die stryd gestap.


Vir 2 dae het die gees op gebou tot Vrydag se groot rugbydag waar die 2de’s teen Helshoogte en die 1ste’s teen die gehate Dagbreek te staan sou kom. Die ouens het bietjie begin geesbou van 2 uur af met ‘n braai voor die Ou Gebou. (Van die ouens kon seker nie die game onthou nie!)
Van half vyf af het ons die tog na die Danie Craven Stadion begin en die gees het hoog geloop. Die 2de’s het so skuins voor vyf  op die veld opgedraf en 5h het die wedstryd afgeskop. Sommer gou-gou het die Swarras die lyn gekruis vir die eerste drie, maar Oupa kon nie convert nie. Kort daarna is Heshoogte se verdediging weer geklop en die drie is convert. In die 2de helfte het Helshoogte begin terugveg en kort voor lank was die telling gelykop. Die skopwerk het egter vir Helshoogte in die steek gelaat en Jug het met 3 minute oor die bal anderkant die lyn geplant en so die 22-15 oorwinning vir die Swarras verseker.


Die hoofwedstryd het kwart oor ses afgeskop en soos dit altyd is tussen die twee koshuise het die passie hoog geloop tussen die ondersteuners. Maar die vuur was nie so duidelik op die veld nie, met die Swarras wat binne minute die eerste drie afgestaan het na ‘n goeie agterlyn beweging van Dagbreek. Die Swarras het terug begin veg en het uiteindelik die eerste punte op die bord gekry met ‘n strafskop van Edgar Fourie. Ongelukkig het klein foutjies al meer in die Swarras se spel in gekruip en uiteindelik was dit uitgebuit deur Dagbreek se aanvallende spel. Die wedstryd het geëindig met ‘n telling van 20-8 in Dagbreek se guns.


Al wat ek kan sê is dit: Ons is Helderberg, die enigste MANS koshuis op kampus. Volgende jaar is dit ons beurt!


Die Skaap.

 


Helderberg Borge