Grondwet Print E-mail

 

AANHEF

AANGESIEN dit noodsaaklik is dat Huislede van Helderberg as 'n georganiseerde liggaam moet optree;

EN AANGESIEN hulle die welsyn van die Huis wil verseker en in noue voeling met die Universiteitsowerheid wil verkeer;

EN AANGESIEN daar 'n behoefte bestaan om die magte en pligte van elke liggaam binne die Huis te omskryf, ter voorkoming van verwaarlosing van bevoegdhede of pligte;

DAAROM sal hierdie grondwet dien as tigsnoer vir elke handeling van die Huis as geheel en ook van elke individuele lid daarvan en daarom verbind elke lid van Helderberg hom tot onderwerping aan en handhawing van die bepalinge van hierdie grondwet.

Read more...
 
Geskiedenis Print E-mail

Vroeë geskiedenis van die terrein:

In 1680 vestig ene Harrnen Jansz, een van die 22 vryburgers wat plase in die Stellenbosch- omgewing ontvang het, hom op sy plaas, wat die grootste deel van die huidige Stellenbosch beslaan bet. Hy het die stamvader geword van die bekende Afrikaanse familie Potgieter.

In 1685, toe dit nodig geword het om dorps erwe uit te lê, is hierdie plaas, wat uit twee dele bestaan het, betrek. Die westelike deel wat gestrek het van die oewers van die Eersterivier noordwaarts tot waar die Stadsaal vandag staan, en weswaarts vanaf die huidige Krigestraat, interesseer ons.

Read more...
 
Kontak Ons Print E-mail

Inwonende Hoof:

Robert Kotzé
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Tel kantoor: 021-8084615
Tel huis: 021-8082439
Selfoon: 082-8083551

President:

Luan le Roux
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Sel: 082 202 5227

Koördineerder: Koshuisdienste:

Fisiese Instandhouding en Terrein
Me Welicia Arendse
Tel kantoor: 021-8083706
Selfoon: 073-2704185
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Kabinet:

Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Webblad: www0.sun.ac.za/helderberg/index.php

Helderberg

Posadres: Helderberg Manskoshuis
Piet Retief straat,
Stellenbosch
7600
Tel: 021 886 4581

 
Voornemende Studente Print E-mail

'n Woord van Inwonende Hoof.

Welkom by Helderberg se webblad!

Die Republiek van Helderberg is een van die beste roetes wat Matieland aan ‘n student kan bied om ‘n  suksesvolle akademiese, sosiale, sport- en kulturele reis tydens sy studentedae te hê.

Helderberg het heart, guts & character:

  • Come and have a drink with me – Wanneer ons die Huislied sing, sê ons “hier is plek vir elkeen, elkeen is welkom, hier is nie hangups nie.” Die pad is breed vir almal se reis.
  • Only the Brave! Met die groot hart het Helderberg guts.Wanneer dinge druk, staan die Swarras saam om dinge deur te trek. Potholes kry ons nie onder nie.
  • Karakter – wanneer iemand ‘n fout maak, praat ons, stel dit reg en beweeg vorentoe na ‘n beter plek. By elke kruispad gaan ons om die sirkel (soms ‘n paar keer), maar vat die regte afdraai.

My reis het begin op 9 April 1961 in Bellville. Na my matriek in 1978 by die Hoërskool President, Goodwood het ek die Stellenbosch reis aangepak en is sedert 1979 op Stellenbosch. Hier het ek die grade BA, Hons BA, BTh, MA almal cum laude behaal, klas gegee in Hebreeus en in 1993 die Universiteit se Internasionale Kantoor begin nadat ek vir ‘n jaar in Duitsland studeer het.

Tans is ek die Direkteur van die Nagraadse & Internasionale Kantoor. My vrou, Annemaré, is senior lektor by Antieke Studie, en ons het twee dogters: Clara tweedejaar B Sc in Nerina en Hanna in Graad 9 by Bloemhof. Ons stap die pad graag saam met Helderberg!

Elke Swarra se sukses hang van homself af. Die Helderberg-padkaart het daardie potensiaal.


Heil die Republiek!

Robert Kotzé
Inwonende Hoof

 


Helderberg Borge