Na ‘n lang 2 weke gevul met baie pret en min slaap is die nuwelinge se verwelkoming tot Hippokrates uiteindelik op ‘n einde. Rikus en Danielle het hulself uitstekend van hul taak as eerstejaars HK’s gekwyt en ek glo die vrugte van hulle moeite sal in die jare wat kom nog duidelik sigbaar wees.
Ek kan met sekerheid sê dat die eerstejaars van 2013 nie ‘n groep is wat lig gekyk moet word nie. Die van julle wat bevoorreg genoeg was om ons Venstersvertoning te kon bywoon sal ook saamstem dat dit ‘n aand is wat nie gou vergeet sal word nie. Bondelsport was soos oudergewoonte ‘n luide affêre met March4Madness nie ver agter.
Baie dankie vir elke Mentor, HK-lid, Mentut, tweedejaarskomitee-lid, MAD2 komitee lede en bereidwillige seniors wat bygedra het tot ‘n uiters suskesvolle verwelkomingsprogram.
Mag die Eerstejaars groep van 2013 ons Koshuis nog tot nuwe hoogtes lei!
Schalk.