NUWELAND

941290_10201537627667039_799326415_n

Ag please daddy, won’t you take us to the rugby!!

Alhoewel die Stormers die afgelope seisoen meer agter hul eie pale verkeer as hul opponente s’n, het dit nie gekeer dat Hippokrates met ‘n groot gros gees die N1 aangedurf het Nuweland nie.

Saterdag, 25 Mei, is nie minder as 38 Hippokraters, geklee in wit en blou, oppad Nuweland toe vir ‘n dag van rugby, vleis braai en lekker saam kuier. Nadat almal by Hoërskool Grootte Schuur bymekaar gekom het, is daar vir vleis en drinkgoed gesorg en is daar om ‘n vuurtjie van vroegdag af gesellig gekuier. Met die afskop om 17:00 was die sitplekke ingeneem en het die Stormers in die doodsnikke geseëvier oor die Australiese Reds.

Met Tommie van der Merwe wat in beheer was van die dag se reëlings was sukses gewaarborg – van die braai van die vleis tot onderdak sitplekke beskut teen die tweede helfte se reën was die dag een groot sukses. Ons hoop is dat die Stormers die naweek se uitslag kan herhaal in die weke wat voorlê – dalk trek die Hippokraters oor ‘n paar weke weer saam af Nuweland toe

Brian Beyers.