VARSITY CUP 2013

Die eerste Varsity Cup wedstryd vir Maties in 2013 het op Maandag 3 Februarie teen die Universiteit van Johannesburg plaasgevind.

Op ‘n winderige laatmiddag onder die Stellenbosch son het die Maties in hul duisende by Coetzenburg opgedaag om hul maroon-trui span te sien uitdraf. Na ‘n moeilike eerste helfte het die Maties op indrukwekkende wyse terug gekom en gesorg vir ‘n eindtelling van 29-8 in hul guns.

Hippokrates het natuurlik gesorg dat Tygerberg nie vergete bly nie en het soos oudergewoonte in groot getalle die wedstryd bygewoon. Bob Chonco van Gangreen het vir ‘n reuse gejuig van die skare gesorg met sy vuurpyl-laagvatte en sy haas-ratse systappe.

Hoop om julle almal by die volgende wedstryd op die 18de Februarie te sien!

Schalk


Leave a Reply