Dit was weer daardie tyd van die jaar waarna almal al lank uitsien aangesien die wag langer was as gewoonlik tot die groot event. Van die beste skandes, memories en pelle is gemaak – ‘n ander tipe lekker!
Die perfekte gemoed is geskep nadat die Medies rebels gedomineer het teenoor Wilgenhof op die rugbyveld. So van half nege af het die mense begin in stroom en die manne agter die bar het redelik gedans om dié se dors te les. (En die HTB chicks wat net dubbels drink). Die melktertjies was ‘n groot gunsteling tesame met die punch wat vroegaand al op was.
Alhoewel daar nie regtig kos bedien was nie, was daar steeds goed geëet by die geleentheid en ‘n paar uiterste gevalle is ook gerapporteer insluitend ‘jar/senior’-, lift- en waskamergevalle. Die goeie weer het ook ‘n paar safari avonture toegelaat.
Daar was ongelooflik lekker gekuier en mens kan nie anders as om trots te wees op so ‘n aand nie! Baie dankie vir die mense wat moeite gedoen het en betrokke was by die reëlings, skoonmaak en lekker maak van die spoggeleentheid. ‘n Goeie standaard is gestel vir die volgende Hippo kuier!
Willem Vermeulen