Baie dankie aan almal wat die Erica skakel bygewoon het.
Ook moet daar melding gemaak word aan die Medies eerstejaars, wat op indrukwekkende wyse 17-0 afgereken het met Pieke in die eerstejaars rugbytoernooi.
Die aand kon natuurlik nie anders as goed afloop na dit nie. Ek is seker almal sal saamstem as ek sê dat dit as ‘n hoogtepunt op die kalender vir beide die dames van Erica as die manne van Hippokrates onthou sal word.
Die Pink Barrel se status as wêreldbekende watergat is herbevestig…
Schalk.