History of Hippokrates

Hippokrates Gebou

Die Koshuis se Agtergrond

“Dit is ook hierdie perspektief wat uniek is aan Hippokrates: Dat die Huis slegs die vertrekpunt van ons waardegedrewe leierskap is, dat die uithoeke van ons land die korttermyn doelwit is en dat die res van die wêreld lê en wag!”

Deur die 36 jaar van ons trotse Huis se bestaan het daar baie vinnig ‘n unieke identiteit vanuit die gange en seksies gespruit. ‘n Identiteit deurlopend gekenmerk deur leierskap. Hierdie kenmerk het sy oorsprong gevind in die onmiskenbare rol wat die geneesheer speel in die gemeenskap en in sy verhouding teenoor die pasiënt. ‘n Noodwendige lewe van leierskap is iets wat ieder en elk in ons Huis in sy toekoms te wagte is en daarom ook die rol wat ons as studente inneem ter voorbereiding van daardie lewe.

Dit is ook hierdie perspektief wat uniek is aan Hippokrates: Dat die Huis slegs die vertrekpunt van ons waardegedrewe leierskap is, dat die uithoeke van ons land die korttermyn doelwit is en dat die res van die wêreld lê en wag! Die deurlopende perspektief van ‘Alles vir die Huis’ wat so kenmerkend van ons universiteit se koshuise is, is slegs van toepassing in Hippokrates waar ‘Alles vir die Huis’ ‘n moontlike ‘Iets vir die Toekoms’ bied. Dit is duidelik in ons waardes van Respek, Diversiteit, Deursigtigheid, Menswaardigheid en Uitnemendheid dat hierdie ‘Iets vir die Toekoms’ nie net selfverbetering insluit nie, maar spesifiek mik om elke Hippokrater ‘n ‘gemeenskapsperspektief ‘ te laat ontwikkel.

Hierdie is ons erfenis: Nie dat ons aan die einde staan van ‘n lang lys leiers van die verlede nie (dit ook, ja), maar eerder dat ons onsself dag en nag omring met die leiers van die toekoms. Ons erf die toekoms!

Hippokrates Koshuis – Die storie agter die legend

Hippokrates Koshuis het voortgespruit uit Huis Francie Van Zijl, die oorspronklike Tygerberg Manskoshuis, in ‘n poging om in die groeiende vraag na studente-akommodasie op kampus te voorsien.
Die hoekstene is in 1974 gelê en twee jaar later, in 1976, het die koshuis sy deure geopen vir die pionierstudente wat op daardie stadium desperaat na ‘n bietjie identiteit gesmag het.
Een aand, met die terugkeer van ‘n suksesvolle aandjie uit in Stellenbosch, het van die manne sake in eie hande geneem. Met ‘n bietjie mannekrag, inspirasie, kreatiwiteit en ‘n kannetjie sproeiverf het die gebou ‘n naam en die manne ‘n ware tuiste gehad – vandaar die naam: Hippokrates.


Hippokrates Koshuis – The story behind the legend

“Hippokrates Koshuis was born of Huis Francie Van Zijl, the original Tygerberg Mens’ Residence, in an attempt to satisfy the growing demand for student accommodation on Tygerberg campus.”

Hippokrates Koshuis was born of Huis Francie Van Zijl, the original Tygerberg Mens’ Residence, in an attempt to satisfy the growing demand for student accommodation on Tygerberg campus. The foundations were dug and the concrete laid in 1974 and two years later the koshuis opened its doors to its pioneering residents and at this point it desperately lacked an identity. One evening, after returning from a successful night out in Stellenbosch, some of the lads decided to take matters into their own hands. An open window, a sense of bravado and inspiration, a few strong hands, spray-paint, artistic license and the building was henceforth known as Hippokrates –they were truly home.

Leave a Reply