INNAWEEK II – BOKS

MUHAMMAD ALI ROCKS GEORGE FOREMAN ON THE JAW

Mike Tyson het eenkeer vir sy teenstander gesê: “ My main objective is to be professional but to kill him. I want to rip out his heart and feed it to him. I want to kill people. I want to rip their stomachs out and eat their children.” Dit is nogal van toepassing op Hippokrates se boks van Saterdagaand.

Die boks was sonder twyfel een van die hoogtepunte van die tweede innaweek. Baie voorbereiding het in hierdie geleentheid ingegaan en die formeel geklede toeskouers het dit baie geniet. Die taktiese gevegte was van goeie gehalte, maar die toeskouers het ook die lukrake mik-en-moer gevegte baie interessant gevind! Bloed, snot en hare het omtrent gewaai en kort-kort het iemand ‘n geveg gestop. Baie dankie aan almal wat deel geneem het, die beoordelaars en almal wat die geleentheid bygewoon het. Dis beslis iets wat in die toekoms nog kan voort bestaan.

Willem Vermeulen.


Leave a Reply