Respek • Uitnemendheid • Menswaardigheid • Deursigtigheid • Diverstiteit

HIPPOKRATES STELLENBOSCH

Eerstejaars komitee

Eerstejaars Komitee Groep

“Een van hul doelwitte is om al die eerstejaars suksesvol in Hippokrates te integreer, sodat hulle die Hippokrates kultuur en tradisie voluit kan ervaar en uitleef.”

Die Eerstejaarskomitee se hoofdoel is om die sterk band wat tussen al die eerstejaars aan die begin van die jaar gevorm, is in plek te hou en te verbeter. Hierdie komitee moet met idees vorendag kom om die eerstejaarservaring in Hippokrates werklik lekker en interessant te maak en sodoende ook Hippokrates en sy inwoners beter te leer ken. Hulle is onder andere verantwoordelik vir die reël van eerstejaarsdanse en –uitstappies.

Een van hul doelwitte is om al die eerstejaars suksesvol in Hippokrates te integreer, sodat hulle die Hippokrates kultuur en tradisie voluit kan ervaar en uitleef. Die verantwoordelikhede wat aan hierdie komitee gegee word daag hul uit om hulself as leiers verder te ontwikkel. Tydens hierdie termyn van diens aan Hippokrates doen komitee-lede ook baie mensekennis op, asook ervaring met die reël van geleenthede.

Die Hippokrates Eerstejaarskomitee 2012 beloof om groot opslae te maak tydens hul termyn.

Die komitee bestaan uit:
Voor VLNR: CG de Wet, Pramot Noratam
Agter VLNR: Melissa Abbey, Carly Seager, Chad Marthinussen, Stefan Möller, Ruan Oostenbrink, Theiler Marshall.

Maatjie van die Week

photo
Christiaan "Baber" Gouws

Ons maatjie van dié week is niemand anders as Omgang se Christiaan Gouws nie. 5 Jaar is nie so baie nie, maar dit is darem genoeg.

Onlangse Kommentaar

    Jy moet eers ingelog wees om kommentaar te los.

    © 2012 | Stellenbosch Hippokrates | All rights reserved | Designed and maintained by Matogen Corporate & Software Development company.