Wat doen die KIMK ?
Die Kantoor vir Institusionele MIV-koördinering (KIMK) is verantwoordelik vir die implementering van ’n omvattende institusionele MIV-strategie vir die Universiteit Stellenbosch. As die Universiteit se MIV-eenheid dien die KIMK as raadgewer oor MIV-voorkoming, -onderrig en -dienslewering aan sowel studente as personeel en vorm dit ook ’n strategiese skakel met ander hoëronderwys-instellings, asook nasionale en internasionale MIV-organisasies. Die KIMK vervul verder ’n leierskapsfunksie in die verwesenliking van gedeelde verantwoordelikheid vir die visie van ’n kampus vry van nuwe MIV-infeksies teen 2012. Meer oor die visie.
Afgesien van die koördinering van institusionele MIV-dienste en -programme, bied die KIMK ook ’n verskeidenheid MIV/vigs-verwante opleidings- en vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede vir sowel personeel as studente. Van die KIMK se inisiatiewe sluit in:
- Jaarlikse MIV-toetsingsveldtogte en verskeie kondoomverspreidingsprojekte
- Portuurvoorligting
- Kortkursusse in gesondheidskommunikasie en -voorligting
- Diensleerprogramme en e-leermodules
- Gemeenskapsuitreikinisiatiewe
- Ontwikkeling van spesifieke MIV-kurrikula

SR-lede ondersteun die jaarlikse MIV-toetsveldtog waar 3 586 mense al getoets het. * SRC members support the annual mass HIV testing campaign where 3 586 people have tested.
Nuus
-
6 weeks ago
-
12 weeks ago
-
13 weeks ago
-
37 weeks ago
-
1 year ago
-
2 years ago
Meer oor MIV
- Hoe kan ek met MIV besmet word? Daar is net drie maniere is waarop jy besmet kan word ...
- Hoe kan ek MIV-oordrag voorkom? Maniere om MIV-oordrag te voorkom sluit in: onthouding, vermindering van seksmaats en veiliger seks ...
- Ek het positief getoets vir MIV: is dit 'n doodsvonnis? MIV kan behandel word ...




