Wat doen die KIMK ?

Die Kantoor vir Institusionele MIV-koördinering (KIMK) is verantwoordelik vir die implementering van ’n omvattende institusionele MIV-strategie vir die Universiteit Stellenbosch. As die Universiteit se MIV-eenheid dien die KIMK as raadgewer oor MIV-voorkoming, -onderrig en -dienslewering aan sowel studente as personeel en vorm dit ook ’n strategiese skakel met ander hoëronderwys-instellings, asook nasionale en internasionale MIV-organisasies. Die KIMK vervul verder ’n leierskapsfunksie in die verwesenliking van gedeelde verantwoordelikheid vir die visie van ’n kampus vry van nuwe MIV-infeksies teen 2012. Meer oor die visie.

Afgesien van die koördinering van institusionele MIV-dienste en -programme, bied die KIMK ook ’n verskeidenheid MIV/vigs-verwante opleidings- en vaardigheidsontwikkelingsgeleenthede vir sowel personeel as studente. Van die KIMK se inisiatiewe sluit in:

  • Jaarlikse MIV-toetsingsveldtogte en verskeie kondoomverspreidingsprojekte
  • Portuurvoorligting
  • Kortkursusse in gesondheidskommunikasie en -voorligting
  • Diensleerprogramme en e-leermodules
  • Gemeenskapsuitreikinisiatiewe
  • Ontwikkeling van spesifieke MIV-kurrikula