Moeder-na-kind-oordrag

MIV kan van moeder na kind oorgedra word. ’n MIV-positiewe moeder kan egter wel geboorte aan ’n MIV-negatiewe kind skenk. Oordrag vind op een van die volgende maniere plaas:

  • Deur die plasenta tydens swangerskap.
  • Deur bloedbesmetting tydens die kraam.
  • Deur borsvoeding.

Medikasie is beskikbaar om moeder-na-kind-oordrag te voorkom. Dit is hoekom dit noodsaaklik is dat voornemende moeders weet wat hul status is.

in