Onthouding as beskerming teen MIV
Onthouding is ’n bewuste besluit om sekere seksuele aktiwiteite of gedrag te vermy. Seksuele onthouding verwys nou jou keuse om nie seksueel betrokke by iemand anders te raak nie. Daar is niks verkeerd met hierdie besluit nie. Dit is om die waarheid te sê ’n goeie keuse wanneer jy voel jy is nog nie reg om seksueel betrokke by iemand anders te raak nie, of dat jy eerder aan laerisiko-aktiwiteite wil deelneem. Dit impliseer dat almal ’n verskillende definisie van onthouding het. Dit is baie belangrik dat jy gemaklik met jou definisie van onthouding is en dat jy hierdie definisie elke nou en dan hersien. Vra jouself vrae soos:
- Hoe goed werk dit?
- Onder watter omstandighede sal ek myself nie meer onthou nie?
As jy voel onthouding is nie die regte keuse vir jou nie, sal jy aan ’n ander manier moet dink om jouself te beskerm, byvoorbeeld deur kondome te gebruik.
Die stel van seksuele grense
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat jy seksuele genot sonder seksuele omgang of genitale seks kan gee en ontvang. Daar is baie manier om ’n ander persoon se liggaam aan te raak wat goed voel, en baie maniere om aangeraak te word wat goed voel. Maar daar is ook maniere waarop jy nie aangeraak wil word nie en maniere waarop jy dalk nie iemand anders wil aanraak nie. As jy besluit om seksueel met ’n ander persoon te verkeer, moet jy besluit wat jou grense is. Vertel jou maat wat jou grense is voordat jy seksueel met hom/haar begin verkeer. Onthou, jy het die reg om seksuele aktiwiteit te enige tyd te staak as jy voel jy het jou grense bereik.
Die stel van jou seksuele grense moet op jou besluit op onthouding en jou langtermyn-doelstellings vir jou verhoudings gegrond wees. Daar is baie ander maniere om jou seksuele gevoelens uit te druk. Dit sluit in om te flankeer, te dans, te soen en drukkies te gee, en jou maat te masseer.
Masturbasie
Masturbasie is ’n keuse om te oorweeg. Dit is nie iets wat jy moét doen nie, maar dit is ’n veilige keuse omdat jy teen SOI’s en ongewenste swangerskappe beskerm is. Dit is ’n heeltemal gesonde aktiwiteit, goeie ontlading van spanning en ’n bron van fisiese genot.