Die KIMK Span
Die span by die Kantoor vir Institusionele MIV-Koördinering (KIMK) deel ‘n passie vir MIV en vigs en ‘n toegewydheid om die epidemie aan te spreek binne Hoёr Onderwys. Die 4 permanente personeellede is aangestel om Stellenbosch Universiteit se omvattende institusionele MIV-strategie te dryf.

Monica du Toit (Bestuurder KIMK)
Monica du Toit bestuur alle institusionele MIV-aktiwiteite en is verantwoordelik vir die koördinering en implementering van die institusionele MIV-strategie by die US. Sy is aktief betrokke by die ontwikkeling en fasilitering van MIV-verwante opleiding en het ‘n spesiale belangstelling in MIV-berading en ondersteuning.

Janine Roussouw (Administratiewe beampte)
Adrian Paulse is verantwoordelik vir die KIMK se administratiewe en finansiёle bestuur en dien as eerste kontakpersoon.

Jaco Brink (Koördineerder: MIV-Voorkomingsprogramme)
Jaco Brink is verantwoordelik vir die koördinering van MIV-voorkomingsprogramme gemik op studente. Hierdie programme sluit Vrywillige Berading en toetsveldtogte (VBT), Portuurvoorligting, gemeenskapsuitreike en diensleer in. Hy is ‘n ervare fasiliteerder/opleier en passievol oor MIV-kommunikasie en opleiding op die gebied van geslagskwessies en diskriminasie. Jaco se navorsingsfokus sluit manlike seksuele gesondheidskwessies by Stellenbosch Universiteit in.
Michelle Munro (Koördineerder: MIV-Kurrikulumontwikkeling en Opleiding)
Michelle Munro koördineer institusionele MIV kurrikulumontwikkeling binne verskeie akademiese departemente. Sy is ook verantwoordelik vir die ontwikkeling, koördinering, fasilitering en evaluering van MIV-opleidingsprogramme aan plaaslike, nasionale en internasionale deelnemers sowel as die ontwikkeling van MIV e-leermodules vir studente en personeel. Michelle se navorsingsfokus is MIV kurrikulumontwikkeling binne die Hoёr Onderwys konteks.