Albei junior hokkiekapteine by Maties

Foto onderskrif: (voor) Bili Ntuli, Garth Turner, Alex Stewart en Jonathan Cloete; (agter) Ross Talmage, Jacques Bleeker, Gareth Simmonds, Chris Hawkridge en Rob McKinley.

Foto onderskrif: (voor) Bili Ntuli, Garth Turner, Alex Stewart en Jonathan Cloete; (agter) Ross Talmage, Jacques Bleeker, Gareth Simmonds, Chris Hawkridge en Rob McKinley.

Albei Bili Ntuli en Jacques Bleeker, wat onderskeidelik die kaptein van die Suid-Afrikaanse o.18-span by die Jeug Spele en in die reeks teen Australië was, is nou deel van Steinhoff Maties se manspan.

Bleeker, Ntuli, Rob McKinley, Alex Stewart, Garth Turner, Jonathan Cloete, Chris Hawkridge, Ross Talmage, Gareth Simmonds en Reece Arendse is almal as eerste jaar by die Universiteit Stellenbosch geregistreer. Met die 10 spelers is dit die grootste inname van nasionale o.18/19-spelers by Maties sedert 2005. Hulle sal baie help met die diepte van Maties manshokkie.

Volgens die afrigter van Maties se eerste span, Neville Rothman gaan die eerste span net die dienste van Marc Fourie verloor. “Dit is baie goed vir die span se bestendigheid. Ons het egter ‘n hele paar Vics-spelers verloor. Vics is die voederspan vir Maties so om al die jongelinge te bekom, is baie goeie nuus vir die klub,” het Rothman gesê.

Rothman, ook afrigter van Paul Roos Gimnasium se eerste span, het al verskeie van die spelers afgerig toe hy die breier van die span was wat aan die Jeug Spele deelgeneem het en vierde gekom het. Die span het ook ‘n groot opskudding veroorsaak toe hulle Australië in die groepfase geklop het.

This entry was posted in Club. Bookmark the permalink.