Maties se Bell kaptein van WP o.21

Steinhoff Maties Hokkie se verdediger Daniel Bell is gekies as kaptein van die Westelike Provinsie se o.21-hokkiespan wat in April aan die nasionale o.21-toernooi gaan deelneem.

Bell is een van 11 Maties-spelers in die WP-groep. Die nasionale toernooi is van 20-25 April. Niks minder nie as 13 Maties vroue-spelers sal in die toernooi vir die WP in aksie wees.

“Die vernaamste doel vir die span is om op die podium te eindig. Ons wil onder die voorste drie spanne wees,” het Bell vertel. “Ons is ‘n baie jong span, met verskeie spelers wat hul debuut gaan maak. Ek glo egter dat elke speler ‘n groot bydrae het om te lewer en dat ons kwaliteit hokkie gaan opdis. Ons sal beslis ‘n krag wees om mee rekening te hou. Dit is ‘n groot eer om kaptein van die span te wees. Ek sien daarna uit om my ervaring met die jonger spelers te deel en my bydrae tot ‘n suksesvolle week vir die span te lewer.”

Maties is ook goed verteenwoordig in die Skiereiland-spanne. Edwin Reed is die manspan se kaptein, terwyl Paige Phillips in beheer van sake in die vroue-span is. Die vroue-span word deur Maties se Adene Bennett afgerig.

Maties-spelers in WP o.21-spanne:

WP Mans o.21 – Daniel Bell (kaptein), Jacques Bleeker, Charles Bowren, James Drummond, Matthew Da Sousa, Chris Hawkridge, Peter Kempton-Jones, Robert McKinley, Bili Ntuli, Alex Steward, Jordan Turnbull.

WP Skiereiland Mans o.21 – Nicholas Price, Jason Raubenheimer, Edwin Reed (k), Dirk Truter, Garth Turner.

WP Vroue o.21 – Jade Batchelor, Lee-Ann Louwrens, Paige Alcock, Simone Strydom, Alegra Dijkstra, Carla Brits, Natasha Rootenberg, Nicole Bartsch, Marelize Scheepers, Danielle Cairns, Taryn Glasby, Heather Mc Ewan, Megan Engelbrecht.

WP Skiereiland Vroue o.21 – Casey Hendricks, Paige Phillips (k), Kaira Day.

This entry was posted in Club. Bookmark the permalink.