Revs wil die standaard by Maties Hokkie stel

Paul Revington talks to Dylan Swanepoel during HP session.

Paul Revington talks to Dylan Swanepoel during HP session.

In Suid-Afrikaanse hokkie is die rol van ’n Hoë Prestasie-bestuurder by tersiëre instelling al voorheen probeer, maar sonder enige sukses. Paul Revington, die nuwe Hoë Prestasie-bestuurder by Steinhoff Maties Hokkie, wil dit verander.

Revington is ’n voormalige internasionale afrigter van Suid-Afrika, Ierland en Maleisië. Hy het die werk by Maties aanvaar om weer by Suid-Afrikaanse hokkie betrokke te wees. “Toe ek van Maleisië teruggekeer het, het ek ’n totaal van 10 jaar spandeer op internasionale vlak met twee jaar by die Noordwes Universiteit tussen-in. Ek wou weer by Suid-Afrikaanse hokkie betrokke raak, maar ek wou nie weer internasionaal afrig of enige ander span nie (vir minstens ’n jaar).”

Maties Hokkie se Jenny King het al vir ’n geruime tyd beplan om die hokkieklub van die Universiteit Stellenbosch tot die volgende vlak te neem. By verlede jaar se Wêreldbeker-hokkietoernooi in Holland het sy Revington gevra of hy enige planne het as hy terug in Suid-Afrika is, sonder om haar planne weg te gee. “Ek wou ’n Hoë Prestasie-rol gehad het waar ek ’n positiewe bydrae tot ’n groep elite-spelers en -afrigters positief kon lewer. So help ek, maar is nie betrokke op nasionale vlak nie. Toe ek die epos van Jenny kry om te hoor of ek beskikbaar vir die Maties HP-rol sal wees, was ek oorstelp. SA Hokkie het meer van die HP-rolle by tersiëre instellings nodig en die bestuurders moet saamwerk vir die bevordering van SA Hokkie.”

Volgens Revs – soos hy ook internasionaal bekend is – is sy vernaamste uitdaging die bestuur van tyd en verwagtinge. “Daar is nie ’n wonderlike geskiedenis van Hoë Prestasie-rolle in Suid-Afrikaanse hokkie en tersiëre instellings nie so tans is daar nie ’n kultuur of sisteme waarvan ek gebruik kan maak om ’n vinnige impak te maak nie. Maties het wel die laaste paar jaar die standaard gestel waar Kurt Cerfontyne in 2014 ’n baie soortgelyke rol vertolk het. Ek volg dus nou in Kurt se voetspore. Ek moet ook my eie persoonlike verwagtinge bestuur, want ek wil graag so gou as moontlik waarde toevoeg as Maties HP-bestuurder. Ek moet sekere sisteme en strukture tyd gee om impak te maak en verandering te bewerkstellig. En dit is soms om verder te gaan as om medaljes aan die einde van die seisoen te tel.”

Revington wil sekermaak hy is nie net besig om te help met die kultivering van nasionale spelers nie, maar ook internasionale spelers by Maties. “ Ek wil ons elite Matie-speler en –afrigters op datum hou met Europese verwikkelinge, tegniese oefenmetodes en taktiese begrippe wat so vinnig verander sodat spanne, spelers en afrigter op hoogte bly, maar ook vooruit dink. Ons raak so vasgevang in ons Suid-Afrikaanse manier van dinge doen, dat ons vergeet van die res van die hokkie-wêreld (Europa). Ek moet spelers en afrigters aanmoedig om groot te dink en hulself te sien as bevoeg om in die (semi) professionele ligas van die wereld te speel, om internasionale sterre in die ligas te word en om een van die vyf of ses wêreldklas-spelers te wees wat die Suid-Afrikaanse span nodig het. Dit is die gedagtegang wat almal van ons by Maties Hokkieklub mee vorentoe moet gaan. Dit is moontlik.”

Volgens Revington is een van die redes hoekom hy die werk by Maties Hokkie aanvaar het, het die ongelooflike geskiedenis van die klub. “Wat Maties onderskei van die ander is die kwaliteit mense en leiers in die klub. Laat ek net ’n paar noem: Jackie Wiese, Sherylle Calder, Kelly Fairweather, Jenny King, Nick Wides, Simon Organ en meer onlangs Sean Surmon. Die kwaliteit van die oefen-omgewing en die dorp praat vir homself. Hier is ’n beproefde kultuur en geskiedenis van harde werk en sukses.”

This entry was posted in Club. Bookmark the permalink.