Huis Marais
 
 
 
 

Hokkie

Die hokkiejaar van 2013 skop af met groot fanfare af toe Die Huis Vrydag, 15 Maart 2013, die verdedigende kampioene, Medies, geklop het met 'n telling van 3 - 0. Pieter Venter skryf op sy Facebook blad (en ek haal aan): "Elmboog en knie nerf af, maar als die moeite werd vir n game soos vanand sn. 3-0 teen Medies well done boys!"

Dieselfde naweek span Die Huis die seile styf saam met die dames van Huis Francie van Zijl om sodoende tydens die Karnaval-toernooi die volgende koshuise 'n les of twee te leer:

Huis Marais&Huis Francie van Zijl 5 - 0 Pieke&Nerina

Huis Marais&Huis Francie van Zijl 4 - 0 Aurora&Eendrag

Huis Marais&Huis Francie van Zilj 3 - 0 Vesta&Heemstede