![]() |
Kleinsêr 2011Die jaar 2011 was seker een van Huis Marais se beste pogings in die Stellenbosch kleinsêr kompetisies. Ons het die semi-finaal gehaal nadat die manne hulle longe leeg gesing het. Die tema was Frankryk, en dit het ons toegelaat om heeltemal los te laat. Met die Franse volkslied wat op viool gespeel word deur ons kleinsêr afrigter van 2011, Martin Becker, het ons op die verhoog gestap met baguettes in die hand en ongelooflik baie trots in ons harte (wat baie vinnig gepomp het op daardie oomblik!). Ons het vir die wêreld gewys dat Huis Marais nie net kan uitstekende rugby speel nie, maar ook presteer op die kulturele vlak.
|
||
|
|