Huis Marais
 
 
 
 

Toneelfees

2013 gaan 'n groot jaar wees vir Kultuur en Toneelfees word daarby ingesluit! Wynand Viljoen neem hierdie jaar die leisels oor met die organisering van toneelfees. Ons gaan vanjaar twee tonele op die planke bring vir die jaarlikse toneelfees. Die een is saam Huis Ten Bosch, die ander saam Harmonie.

Daar is ook 'n mosie ingestem by die eerste huisvergadering dat die hele Huiskomitee aan toneelfees moet deelneem... Dit behoort uiter aard vir baie vermaak en opwinding te veroorsaak...

Die uitdunrondtes is vroeg in April en ons sal julle op hoogte hou van hoe dit gegaan het. Dalk selfs 'n kiekie of twee op die website laai.