Huis Marais
 
 
 
 

Die Huis Marais Wynkultuurvereniging is geskep in 2011. Die vereniging bestaan uit 'n paar manne wat wynwaardering na 'n nuwe vlak gevat het in die Huis. Verby is die dae waar 'n bottel Tassies ingeslurp was net om die gepaardgaande resultate te kry...Die Wynkultuurvereniging behandel een kultivar per sitting en so word 'n paar wyne bespreek en in diepte geproe.

 

Vanjaar word die WKV gelei deur Corne Coetzee en ons kom op 'n weeklikse basis (Maandae 22h00) bymekaar om ons waardering vir wyn tot op die volgende vlak te neem. Om kennis uit te ruil en om verskillende wyne te vergelyk. Die datums en die verskillende kultivars wat geproe word in 2013, verskyn hier onder

 

1ste kwartaal  
25 Februarie 2013 Savignon Blanc
4 Maart 2013 Chenin Blanc
11 Maart 2013 Chardonnay
25 Maart 2013 Gewurtztraminer
2de kwartaal  
15 April 2013 Pinotage
22 April 2013 Merlot
29 April 2013 Cabernet Sauvignon
6 Mei 2013 Shiraz
3de kwartaal  
29 Julie 2013 Bordeaux Blend
5 Augustus 2013 Methode Cap Classique
12 Augustus 2013 Rose
26 Augustus 2013 Pinotage Rose

 

Lank lewe die WKV!