Huis Marais
 
 
 
 

2013 1ste-jaars inligting


Huis Marais – Huis Francie MAD2 2013

Die tema vir 2013 MAD2 is HeroToons.

 

As jy graag in Huis Marais geplaas is vir 2013 is jy werklikwaar baie bevoorreg. Huis Marais is goed bekend vir ons uitstaande Rugby, maar daar steek 'n wye verskeidenheid dinge in Huis Marais se broek! Ons is is trots op ons kultuur en jy kan verseker wees dat daar voorsiening gemaak is vir jou verhouding met Jesus om te groei! Natuurlik speel akademie ook 'n rol op Stellenbosch, en Huis Marais sal vir jou die perfekte grondslag lê om jou graad te vang.

Ons 5 waardes is as volg:

  • Familie
  • Respek
  • Deelname
  • Indivualiteit
  • Verantwoordelikheid

Hierdie 5 waardes is waar rondom Huis Marais gebou is, en natuurlik ons liefde vir ons Skepper!

Dit is moeilik om vinnig op te som wat Huis Marais alles vir jou kan bied, maar maak seker dat as jy weet wat jy alles vir die koshuis kan bied! Soos ons inwonende hoof altyd sê, "We want your pound of flesh!".

Die dag waarop julle in die koshuis intrek is Woensdag, 23 Januarie 2013. 'n Brief wat verdere inligting bevat word aan julle gepos oor die Desember vakansie. Ons as Huiskomitee 2013 sien verskriklik baie uit daarna om julle te huisves in hierdie wonderlike koshuis.

 

Indien julle enige verdere vrae het, moet nie skroom om navraag te doen nie (die "Kontak Ons" skakel werk goed in hierdie verband).

Sterkte met die eindeksamens en geniet die Desember vakansie!

Certum Pete Finem

Willem Engelbrecht

Primarius 2012-2013

 

 

Wat is MAD2? MAD2 is ‘n onvergeetlike tydperk gedurende die eerste twee weke van jou aankoms by die universiteit. Die fokus is op studentepret met ‘n doel. Gedurende MAD2 neem koshuise in pare deel aan ‘n hele paar lekker aktiwiteite waardeur ons fondse insamel vir Matie Gemeenskapsdiens (MGD). In 2013 span ons met Huis Francie dameskoshuis kragte saam om hierdie geleentheid aan te pak.

MAD2 = Making a Decision to make a Difference MGD is an organisation that strives to provide for the whole community in areas where government funding is lacking. They initiate feeding, clothing and building programs, life orientation shelters, and so forth. MAD2 is therefore your chance to take part in a rewarding service, while having fun!

Meer Informasie sal beskikbaar gestel word soos ons dit kry. Sterkte met jou aansoek!

Kyk gerus hierdie video oor MAD2 2012 met Irene om 'n idee te kry van wat MAD2 is:

 

As jy nog videos wil sien wat 'n deel van die Huis Marais gees goed uitbeeld, gaan gerus na die videos bladsy.