Huis Marais
 
 
 
 

MAD2 2013

Huis Marais en Huis Francie van Zijl is MAD2-'partners' vir 2013 en die opwinding loop hoog onder die Huismanne om 'n onvergeetlike feestelike tyd met die dames te he. Die tema vir 2013 se MAD2 is Herotoons en ons het dit uitgebrei na Marvellous Heroes Forever (MHF - Marais Huis Francie). Ons beplan groot dinge vir Vensters, Bondelsport, March for Madness en dies meer. Hieronder is die datums aangeheg van al die gebeurtenisse tydens MAD2- en verwelkomingsprogram:

Woensdag, 23 Januarie: Eerstejaars trek in die koshuis in.

Maandag, 28 Januarie: Maties MAD2 Bondelsport

Donderdag, 31 Januarie: Vensters 2013

Saterdag, 2 Februarie: Maties MAD2 March for MADness

Maandag, 4 Februarie: Klasse begin asook MAD2 Big Bleed

 

 

Huisrugby!

Soos jul weet is Huisrugby gesond en uitermatig vet! Vandag was nog 'n briljante wen, ondanks baie uitdagende faktore. Die realiteit van die saak is dat ons nie laer as nommer 1 kan val nie aangesien ons ver genoeg voor is en 'n baie groot punteverskil het. Dit beteken die semi finaal is amptelik in die sakkie!

Kerels ek wil jul aanspoor om Huisrugby te ondersteun met als wat jul het en oud-Huismanne aan te spoor om die laaste paar games te kom ondersteun! Ek glo werklik hierdie jaar het iets ongeloofliks in vir ons en as ons doen wat ons nog heel jaar doen gaan dinge net mooi wees! Onthou ons is 126 manne wat vir die Sauer speel/leef en wat saam daardie befaamde rugbylied sing! Ouens, kom ons maak hierdie droom 'n realiteit! 

Die manne wat speel, ek wil jul aanraai om by die oefeninge te kom in jul getalle, al is jy nie in die 1ste span nie. Die getalle en ondersteuning by oefeninge het 'n direkte korrelasie tot die sukses op die veld en dit is hoekom ons nou die vrugte kan pluk! Ek wil ook graag he elkeen moet vir oom Ben intrek, groet en gelukwens met sy sukses. Dit is die beste seisoen wat hy in jare het en hy verdien ook baie krediet!

Verder wil ek jul elkeen aanraai om ernstig te bid vir die koshuis. Ek kan jul belowe dat ons hierdie jaar al baie ver vlieg op die vlerke van genade en as iets ons gaan deurdra, is dit einste dit! Bid vir die rugby, die leierskap, die harte van die inwoners en dat God se wil sal geskied in hierdie Huis! Wen of verloor is dit belangrik dat ons altyd Sy naam prys en eer gee vir elke situasie! Ek glo God hou van mense verkeerd bewys, kom ons plaas ons vertroue in Hom en wees kalm en tevrede met Sy beskerming! Maandae aande is daar 'n amptelike bidsessie in die eetsaal, ek wil ook die selleiers aanmoedig om die Huis hoog in jul gebede te dra! 

Kom ons streef na ons defnitiewe doel en doen dit ordentlik! 

Eon, Petrus en die res van die span, ons ondersteun jule 126%!