![]() |
Kleinsêr 2012Die woord kleinsêr wakker in elke man ‘n ander gedagte. Vir party is dit gedagtes van blydskap, vir ander is dit trots, maar vir ander beteken dit maar min. Party manne dink altyd aan al daai ure wat ingesit moes word en wonder of hulle nie daardie tyd beter kon benut nie, maar dan onthou hy hoe dit gevoel het om ten volle bors te sing voor 500 mense in die Endler saal! Dis ‘n ongelooflike gevoel om Huis Marais se naam hoog te hou deur van jou sang-talent gebruik te maak! 2010 en 2011 was jare waar huismanne skielik bewus geraak het van wat in Huis Marais se broek sit op die kulturele vlak. In 2011 het kleinsêr selfs die semi-finaal gehaal! Wat gaan ons bemagtig in 2012? Hoe gaan ons vaar sonder die nootmasjien Christoff “Hoender” Botha? Dit hang af van elkeen van die ser-lede. Die twee manne in bevel van die kleinsêr, Drikus Conradie en Dylan Swigelaar, verwag van elke lid om 110% te gee. As dit gebeur gaan hierdie jaar ‘n groot sukses wees! Sekere lede sal wel ‘n ligte wiks op die agterstewe moet kry… Of hoe dan nou anders? Die tema vir 2012 is “New York Taxi”, en daar is musiek gekies wat elke man se gehoor aperaat sal prikkel. Die gehoor was propvol manne mer groen truie vir die uitdunrondte op 7 Aug. Die lede vir die kleinsêr is as volg:
Drikus Conradie (afrigter) Kleinsêr 2012 was een vir vir die boeke, maar ons het ongelukkig nie so goed gevaar as wat ons gehoop het nie. Maar wat, volgende jaar probeer ons weer!!
|
||
|
|