Huis Marais
 
 
 
 

GEESTELIK

Geloof en geestelikheid speel 'n baie groot rol in Huis Marais. Selgroepe, kerkskakelings en Huiskerk is maar enkele van die geleenthede wat die Huis op die geestelike vlak bied. Die kerkverteenwoordigers in Huis Marais vir 2012 is soos volg:

Daar is weeklikse selgroep-bymekaarkomstes, en elke maandagaand is daar 'n informele Praise and Worship in die leeskamer, waar enigiemand net kan kom worship, of selfs hulle eie instrumente saambring en 'n bydra lewer.

Ons beoog ook om 'n geestelike week te begin in Huis Marais. Meer besonderhede sal hier beskikbaar wees.

Dan is daar elke Maandagaand om 10uur 'n gebedsessie vir die koshuis, die HK en vir enige huisman wat gebed nodig het. Kom woon dit gerus by! Ons praise en worship lekker saam en geniet die Here se teenwoordigheid!