Huis Marais
 
 
 
 

Huislied

Laat ons te saam as vrind tot vrind

sterk deur die bande wat ons bind.

Die goeie gees wil ons besing,

wat ons as eenheid samebring.

In werk en spel sal ons presteer,

steeds streef na ons Huis se eer.

En as ons in die lewe staan,

roem ons nog ons Huis se naam.

Ons sal dan handhaaf, bou en werk,

om hier in Huis Marais te sterk.

'n Gees van vriendskap, goed en trou,

Huis Marais dit bring ons jou,

Huis Marais dit bring ons jou.

 

Rugbylied

In die Huis wil ek graag bly,

dis die koshuis net vir my.

Volop rugby, koue bier.

Met ons sweet het ons betaal

en die Sauer gaan ons haal.

Die Huis op Stellenbosch.

 

En ons gaan wen (en ons gaan wen)

En ons gaan wen (en ons gaan wen)

Ja, die Sauer gaan ons wen.

 

En ons gaan wen (en ons gaan wen)

En ons gaan wen (en ons gaan wen)

Ja, die Sauer gaan ons wen.

Die Sauer gaan ons wen!