Fri, 28 Sep 2012
Nou ja toe, daar het julle dit. Huis Marais gaan speel in die Sauer-beker semi-finaal, Vrydag 28 September. Wees daar om jou liefde en ondersteuning vir die Huis te wys! Dit gaan groot wees!
Ons speel teen die manne wat 4de op die log lê (dit moet nog bevestig word) aangesien ons nommer 1 is.
Groot rugby is oppad! Die jaar maak ons geskiedenis!
Vir meer oor die wedstryde wat voorlê, gaan gerus na die maties koshuis rugby fixtures blad.
Wed, 15 Aug 2012
Vandag was Walglikheids-ete in die Huis Marais eetsaal... die manne was 'n lekker bredie met rys en mielies bedien, so wel as 'n lekker pudding, maar met geen messegoed! Hoe lekker was dit nie!
So moet mens mos eintlik eet!


Ons maak weer volgende kwartaal so!