Huis Marais
 
 
 
 
Prim-brief aan seniors Fri, 18 Jan 2013

Geagte Huisman,

Laat ek begin om julle ‘n voorspoedige jaar toe te wens. Ek glo dat elkeen van julle ‘n geseënde jaar sal hê en dat net voorspoed oor julle pad sal kom!

Ek hoop almal is tevrede met die akademiese uitslae van die afgelope eksamen en dat julle ons nog in die komende jaar gaan bederf met julle teenwoordigheid.

Verder hoop ek julle het lekker uitgerus en dat julle so gereed is soos ons om die jaar aan te pak.

Net so vir ‘n biekie agtergrond. Ons het ‘n ongelooflike lekker en suksesfolle Mad^2 toer gehad. Ons het goed geld gemaak en dit wil voorkom of ons begroting op koers is. Op ‘n ligter noot het ouer manne soos Charl Lovebite Mussman en die xenofobiese onderprim Cuan Smith gesorg vir vermaak en manne soos Herman Oros de Wet en David Skud Sadie seker gemaak dat die manne vroeg op is en tot laat in die aande nog die dansbaan warm hou. Die dames van Huis Fransie het ook hulle kant gebring op beide gebiede van skud en ons sien baie uit na die tyd wat voorlê. As enige iemand egter net vir ons kan verifieer of Dirk Goodwood Crafford nogsteeds in vlakvarkgat is sal dit ook gaaf wees!   

Die jaar 2013 gaan in baie opsigte ‘n moeilike jaar wees, maar ons as huiskomitee wil jou gerus stel dat jy nie hoef te bekommer nie. Ons sal alles in ons vermoë doen om al die struikelblokke uit die weg te ruim en te verseker dat alles vlot verloop.

Ons het ook hierdie jaar ‘n groot taak, dit is om te bou op 2012 se goeie RUGBY, kulturele en ander sport resultate asook algehele koshuis gees. Die meeste van ons het nou ‘n idee wat werk en waarop ons moet konsentreer, so kom ons doen so.

Ek het die afgelope week ‘n informele vergadering met Blassie en Hennie perd gehad. Die twee stuur al hulle liefde en alhoewel Blassie nog effens bewoë was oor die sloop van die Lekkerlê het ons hom rustig gemaak deur te verduidelik dat die vuilvarkies almal veilig gestoor is en hy dus nie te veel hoef te bekommer nie.

Ons sien baie uit om julle terug by die huis te kry, so veilig ry en drink maar nou al die vitamien pille want soos Franco Marais sal sê, die groen masjien is in die regte rat en geen bouer sal ons Mad^2 saam met die dokters bederf nie!

Net om seker te maak almal weet, julle kan Sondag die 27ste intrek.

Baie groete,

Willem Engelbrecht en die HK van 2013.

Huisrugby Fri, 31 Aug 2012

Manne van die Huis! 

Soos jul weet is Huisrugby gesond en uitermatig vet! Vandag was nog 'n briljante wen, ondanks baie uitdagende faktore. Die realiteit van die saak is dat ons nie laer as nommer 1 kan val nie aangesien ons ver genoeg voor is en 'n baie groot punteverskil het. Dit beteken die semi finaal is amptelik in die sakkie!

Kerels ek wil jul aanspoor om Huisrugby te ondersteun met als wat jul het en oud-Huismanne aan te spoor om die laaste paar games te kom ondersteun! Ek glo werklik hierdie jaar het iets ongeloofliks in vir ons en as ons doen wat ons nog heel jaar doen gaan dinge net mooi wees! Onthou ons is 126 manne wat vir die Sauer speel/leef en wat saam daardie befaamde rugbylied sing! Ouens, kom ons maak hierdie droom 'n realiteit! 

Die manne wat speel, ek wil jul aanraai om by die oefeninge te kom in jul getalle, al is jy nie in die 1ste span nie. Die getalle en ondersteuning by oefeninge het 'n direkte korrelasie tot die sukses op die veld en dit is hoekom ons nou die vrugte kan pluk! Ek wil ook graag he elkeen moet vir oom Ben intrek, groet en gelukwens met sy sukses. Dit is die beste seisoen wat hy in jare het en hy verdien ook baie krediet!

Verder wil ek jul elkeen aanraai om te ernstig bid vir die koshuis. Ek kan jul belowe dat ons hierdie jaar al baie ver vlieg op die vlerke van genade en as iets ons gaan deurdra, is dit einste dit! Bid vir die rugby, die leierskap, die harte van die inwoners en dat God se wil sal geskied in hierdie Huis! Wen of verloor is dit belangrik dat ons altyd Sy naam prys en eer gee vir elke situasie! Ek glo God hou van mense verkeerd bewys, kom ons plaas ons vertroue in Hom en wees kalm en tevrede met Sy beskerming! Maandae aande is daar 'n amptelike bidsessie in die eetsaal, ek wil ook die selleiers aanmoedig om die Huis hoog in jul gebede te dra! 

Kom ons streef na ons defnitiewe doel en doen dit ordentlik! 

Eon, Petrus en die res van die span, ons ondersteun jule 126%!

Franco Marais