Voornemende Eerstejaars

Huis ten Bosch is een van die kleiner dameskoshuise op kampus, maar ons is vol passie en gees. Huis ten Bosch het ‘n unieke geskiedenis en is die 3de oudste dameskoshuis op kampus. Ons staan bekend as die “dames van vuur” vanwee die brand wat in 1983 plaasgevind het, maar die woorde het ‘n baie dieper betekenis die afgelope jare gekry. Die dames van Huis ten Bosch is werklik aan die brand en het passie en vuur op alle vlakke van hulle lewe. Ons huisleuse is “Esto Ipsa” wat beteken wees net jouself. Huis ten Bosch skep ‘n veilige omgewing vir elke meisie om werklik haarself te ontdek. Huis ten Bosch is baie divers en ag akademie, kultuur, sport en sosiaal belangrik. Ons moedig die huis aan om aan al die verskeie aktiwiteite deel te neem om so ‘n gebalanseerde leefstyl te kweek en terselfde tyd verhoudings te bou wat nog vir jare sal hou.


Huis ten Bosch is one of the smaller ladies residences on campus, but we are full of passion and spirit. Huis ten Bosch has a unique history and is the 3rd oldest ladies residence on campus. We are known as "women of fire" because of the fire in 1983, but these words have gained a deeper meaning. The ladies of Huis ten Bosch is really on fire and have passion and fire in all walks of life. Our slogan is "Esto Ipsa" it means: be yourself. Huis ten Bosch creates a safe environment for each girl to really discover herself. Huis ten Bosch is very diverse; academics, culture, sport and socialization plays an important role. We encourage the house to take part in all the various activities to lead a balanced lifestyle and at the same time cultivating relationships that will remain for years to come.