Monthly Archives: July 2011

  • 0
ireneweek

Castle Warming

Category : General News

Ireneweek is met ‘n groot makietie onder die tema, Nasionale vakansiedae, afgeskop. Daar was van verleidelike onderwysers en agterdogwekkende kersvaders mét hul elwe tot wit-paashase. Ander vakansiedae uitgebeeld was Werkersdag, Halloween, Nuwejaarsdag, Vrouedag, Valentynsdag asook Verjaarsdag wat gekwalifiseer het.

Elke seksie moes hulle stalletjies versier, kos voorsit, danse uitwerk en klere aantrek volgens hul toegekende vakansiedag.  Daar is vir niemand terug gestaan nie en almal het heerlik saam gekuier en van mekaar se kos geëet waarna elke seksie hul dans opgevoer het.


Die kompetisie was goed en die beoordelaars het na mooi kyk, fyn proe en seksie 4 se sterk jello-shots, seksie 5, wat Vrouedag uitgebeeld het, as die wenners aangewys. Dit was heerlik om saam met almal te kuier na ‘n lang dag van klas en neulende lektore!

Baie dankie aan die Irene-week komitee asook almal wat ywerig deelgeneem het.

Geskryf Deur: Marelise Hattingh


  • 0
damestee

Damestee

Category : General News

Damestee 2011 het op Saterdag 5 Maart geskied. Met die intreeslag het die vrolike kleure van die dekor, ‘n goed-beplande fotohoekie en verskeie modieuse hoede (die tema was immers “high-tea”) jou verwelkom.

Ouma’s, mammas, susters en vriendinne van oral om het die lieflike dag meegemaak. Tafels met koekies, tertjies, broodjies en ander lekkernye was van te kies en te keur. Dié geleentheid het net weereens bewys dat ‘n mens slegs ‘n groep van die skoner-geslag met kos kan stil maak!

Die gasspreker, Nina Brown, het die dames met haar styl- en modekennis geïnteresseer en aan haar lippe laat hang. “Mens moenie huiwer om falmbojante kleure te dra nie en grys is nie ‘n kleur nie,” is maar net van die paar wenke wat sy aan haar gehoor gegee het. Haar dogter, Lisa Brown het verder ook ‘n dame uit die besoekers geneem en haar ‘n grimering-“makeover” gegee, sodoende die waarde en mag van grimering te bewys. Dit was opreg ‘n interessante ervaring.


Van vermaak was daar oorgenoeg. Die Kraaie van Wilgenhof het die dames ‘n serenade gesing wat op sy beurt musikaal en komies was. Daarna het ‘n groep van 5 (waaronder Liesl Mauermann en Maré Coetzee) die dames met die mooiste liedjie-keuses betower het.

Damestee 2011 was voorwaar ‘n suksesvolle geleentheid waar die dames van irene saam met hul naastes hul huis kon deel en net ‘n stylvolle “dame-dag” kon geniet. Knap gedaan aan Megan Roux en haar komitee wat hierdie lieflike dag gereël het.

Geskryf deur: Yolandi Louw


  • 0
firstyearsdance

First Year’s Dance

Category : General News

When the Saturday of the black & white themed first year’s dance rolled around, the corridors of Irene were a hive of activity: the sound of slamming doors, hairdryers and music vibrated through the passages as the girls got ready and got pumped.

Lynel and I decided to take our dates on a leisurely walk down to the Neelsie. In retrospect, this wasn’t as good an idea as it had seemed earlier that day. The wind was blowing harder than the “Big Bad Wolf” and the pathway was treacherous with uneven bricks, waiting to trip up a girl in heels.

In the end we made it to the Neelsie without incident (although I did keep an iron grip on my date’s arm the entire way there). We were greeted by the faces of our peers and our HK. There was laughter in the air and I felt it was “gonna be a good night”…and a good night it was!

The food was tasty, the wine was flowing, the music was pretty darn good and the conversation was interesting –  a great night,  as  I’d predicted, but none of these things were the highlight of my evening.

The highlight was when those first few bars of what has been dubbed the “Irene Song” began to play and all the girls, first years, HK and 2nd year’s committee – every girl in the vicinity, rushed onto the dance floor, linked arms and began to sing the lines we’ve come to know so well.

It was at this point that I took a moment to reflect on the journey we’d taken to get to where we are now. A mere 3 months ago we were petrified outsiders taking our first tentative steps towards our futures, scared silly by the HK and feeling like we’d never fit in. There we were: arms linked, singing at the top of our lungs, hearts brimming with love for our new-found friends, our HK and Irene – the place we now proudly call home.

I think I can call the night a raging success. It was a night of bonding, laughter and realisations. We strengthened bonds with those we knew and formed new bonds with those we didn’t. We laughed at failed attempts to sokkie, quirky dance moves and bad jokes and then realised that we’re part of a family…and that our HK are actually nice people under their JOOL-time poker faces.

We left the dance and headed back to Irene (squashed into the back of a car because we were too chicken to brave the icy walk home). We finished the night off with a cup of hot coffee on the steps of Irene with our dates and it was the perfect end to an amazing night!

I want to say a big thank you to all those involved in organising the dance and to our HK – for an amazing journey and the best JOOL anyone could ask for! To those who decided to give the dance a skip…I can safely say you missed out on something very special.

Written by: Giuliana Figenschou

 


  • 1
huisfondsdans

Huisfondsdans

Category : General News

Brakpan, Boksburg & Benoni!

Vir die eerste keer in die afgelope drie jaar het Irene besluit dit is tyd vir ‘n lekker “kommin” Huisfondsdans tema waarvoor almal baie kan “opdress!”  Of jy nou ‘n Benoni meisie met fishnet-stockings was of ‘n Boksburg ouma met krullers in die hare en drank in die hand – het jy ingepas!  Irene se dames het almal ontslae geraak van die dames-met-styl-look en dit verruil om te kyk wie kan die meeste Brakpan lyk!  Almal het hulle doodgelag vir al die uitrustings voor op Irene se gras voor die dans en ons het beslis ons mede-Ireners se verskuilde identiteite gesien by die dans!

Aangekom by die dans kon niemand genoeg foto’s neem by die “Ronnie’s Sex shop” fotohoekie nie en almal het lekker gesit en gekuier by die tafels met koerantpapier tafeldoeke en Black Label blompotte.  Die Ireners het weereens vir al die mans gewys hoe Ireners kan dans en natuurlik was al die dames soos altyd in ‘n groot sirkel op die dansvloer met “Things Can Only Get Better”.  Alhoewel sekere mense die tema bietjie te ernstig opgeneem het, was dit beslis een van Irene se malste, maar ook lekkerste danse ooit!

Geskryf deur: Alé Cloete