Libertas Krieket 2009/2010 seisoen goed oppad

Libertas se krieket seisoen is al halfpad en als lyk baie goed vir 'n goeie jaar.  Ons is op die oomblik eerste op die log met 'n paar wedstryde wat oor is.

Die wedstryde is as volg:

Woensdag, 10 Februarie 2010

vs Dagbreek [Welgevallen velde]

RESULT: Libertas wen met 27 Lopies :)

Woensdag, 17 Februarie 2010

vs Metnoia [Coetzenburg 6]

RESULT: Libertas wen met 65 Lopies :)

Woensdag, 24 Februarie 2010

vs Wilgenhof [Coetzenburg 6]

RESULT: Libertas wen met 3 Paaltjies :)

Woensdag, 3 Maart 2010

vs Elsenburg [Welgevallen velde]

Al die wedstryde begin om 16:30 indien daar van julle is wat hulle wil ondersteun! En let wel, hulle doen goed, so ek dink hulle verdien die SUPPORT!!!

Bietjie meer oor Libertas krieket...

Krieket is een van Libertas se sterkpunte al vir jare en die enigste manier hoe ons hierdie tradisie kan voortbou is om mense betrokke te hou. Ons doelwitte is om ten minste een oefensessie saam met die spelers te hou en ook ‘n klein proewe te hou voor die seisoen begin. Dit is egter nie altyd moontlik nie weens te min nette wat beskikbaar is of spelers wat dit nie kan maak nie, weens akademiese belange.

Libertas speel slegs in die week liga (“mik en moer”) en nie die naweek liga nie aangesien Saterdae oggende nie vir almal pas nie. Ons wil ook nie in die naweek liga inskryf as daar nie genoeg getalle aan die begin van die seisoen is nie. Hierdie moet ons vermy, want ten die einde moet ons wedstryde kanselleer as gevolg van te min spelers en dit kan Libertas se reputasie skade aandoen. Hierdie is wel 'n uitdaging vir die toekoms om te oorkom en wel deel te neem aan die naweek liga.

Libertas het in 2006 oorheers in die krieket en die koppie huis toe gebring. Sedert dien maak ons elke jaar die semi’s, maar val elke keer vas. Ons is baie opgewonde oor die 2009/10 seisoen wat voorlê.


Kontak asseblief vir Ruan Lubbe (HK - Krieket) by

072 161 4621 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

indien daar enige vrae is.
 

Wat Dink Jy?

What are you most looking forward to in Libertas Week?

Tassies Facebook

Connect through Libertas

News, events, videos, photos, comments...


facebook
twitter
rss
google
youtube
Your knowledge partner...

mymaties matiessport
I thought about it...

webstudies webmail
This Website is best viewed with...

mozilla @ 1024 x 768 or higher resolution.

:: Search n Find ::

:: Contact Us ::

HK 2010: hklibert@sun.ac.za
Primarius: ianw@sun.ac.za
Webmaster: 15315525@sun.ac.za
Phone: +27 (0) 21 808 9111

:: Find Us ::

HK House: 63 Victoria Street
Stellenbosch
7600
[View Map] * [View Campus Map]
We have 13 guests online