|
Minerva week is vol bedrywighede. Tussen klasloop en koshuise aktiwiteite is daar nie kans vir stil staan nie. Dinsdagaand, die 1ste Maart, het die hele Minerva (behalwe die wat toets geskryf het) aan Amazing Race deelgeneem.
Hierdie is natuurlik om ‘n bietjie koshuis gees te vang. Die Minervianers het in seksieverband opgeteam en die wedloop aangedurf met goeie sportmanskap. “Dis mal baie hardloop”, was een van die Minervianers se woorde, “maar tog baie lekker”. Baie geluk aan Shakespeare’s Corridor en Klepto Corner wat saam 'n eerste plek behaal het! Die tweede plek gaan aan Pirates’ Cove. Seksie 7 het selfs een van Eendrag se hase huis toe gebring.
|
|
|